Kuns in oorvloed

Lloyd Zandberg
Kunsliefhebbers is in rep en roer ná die onlangse bekendstelling van die eerste Namibiese Kunstefees.

Dit vind op 28 Julie by die Goethe-Institut plaas.

Hierdie tweerjaarlikse inisiatief fokus op die belangrikheid van die verhoudings tussen kunstenaars, hul werk en die publiek.

Een van die hoofdoele is om plaaslike kuns en kunstenaars se werke meer toeganklik vir die Namibiese publiek te maak.

Die ander doel is om die belangrike rol van kuns in die gemeenskap uit te lig.

Hoe plaaslike kunstenaars en hul werk aan die internasionale arena blootgestel gaan word, is van die vrae wat aangespreek word.

Die Namibiese Kunstefees is tans ‘n dag lange fees wat uit verskeie kunsuitstallings, regstreekse optredes, pret vir kinders, gratis Namibiese teater, ’n kosmark en agt kunswerkwinkels bestaan.

Onder meer is daar ook ‘n musiekpaneelgesprek met die titel Art of Raw: Rap, Art and Word Weaving.

Hierdie gesprek gaan die kwessies wat tans in die musiekbedryf bestaan, sowel as die pad vorentoe vir eg Namibiese musiek, aanspreek.

Die Namibiese Kunstefees skop om 10:00 die Saterdag dag af en duur tot 18:00.

Teen namiddag is daar onder meer ‘n Arts Fair Battle Royale, sang, uitstallings en ‘n kunsveiling vir liefdadigheid.

Alle geld wat ingesamel word, sal aan die Dierebeskermingsvereniging (SPCA) in Windhoek en Power Pad Girls geskenk word.

Die idee

Die idee vir ’n kunstefees het ontwikkel uit 'n gesprek tussen die stigters in ’n sitkamer oor hoe geleenthede vir kunstenaars geskep kan word.

“Daar is baie bestaande suksesvolle feeste in Windhoek, en ons het gedink die Namibiese mark sal gereed wees vir 'n fees wat nét op kuns fokus. Baie kunstenaars sukkel om ’n platform te vind om hul werk te verkoop en hul kennis te deel en 'n lewe uit hul kuns te maak,” sê een van die stigters, Jeoffrey Mukubi.

“Kuns is om ons, soms op onopvallende maniere. Die skryf van 'n koerant is kuns, die ontwerp van 'n gebou is kuns, die neem van 'n foto is kuns. Kuns is hoe ons die wêreld om ons sien en kunstenaars vorm 'n belangrike deel van hoe ons ons kultuur, geskiedenis en samelewing sien en verteenwoordig,” sê Ramatoulie Sallah-Muhammed, ook ’n stigter.

Deel van die stigters se visie was om 'n platform vir 100% Namibiese inhoud te skep.

Al die uitstallers is plaaslike en sowat 90% van die uitstallers behels visuele kuns.

Dit sluit in tekstielwerk van Karen Andowa, Romeo Sinkala se digitale kuns, Quigo_Art se spuitverfstensils en Elixir Namibia se paneelpennetjies en wol op palette of sagtebord.

Die idee van die kunstefees is al sedert die einde van verlede jaar aan die broei.

“Ons het baie hard gewerk om hierdie projek op die been te kry. Ons wil graag ons borge en vennote, NeoPaints, PartyWorld, Advantage Y & R, Namibia Art Association, John Muafangejo Art Centre, Wamboes Be Like, FNCC, Windhoek se SPCA, die Power Pad Girls en natuurlik die Goethe-Institut vir hul bydraes bedank,” sê Sam Matengu, nóg ’n stigter.

“Ek dink die Namibiese publiek is gretig om meer inhoud te vind wat met hul kultuur verband hou. Jy moes die opgewondenheid in die flieks gehoor het toe Himba-klere onlangs in die fliek Black Panther vertoon is. Om ons plaaslike kunstenaars ten toon te stel, is een manier om dit te bereik,” sê Sam.

Verskeie aktiwiteite word vir almal aangebied. Vir die gesin is daar 'n kinderarea, met vier gratis gesinsaktiwiteite, regstreekste optredes deur Miss H en vele ander shows.

Tydens die fees sal gratis Namibiese flieks op die binnenshuise galeryskerm vertoon word.

Agt kunswerkwinkels word aangebied, en die N$100 vir die werkwinkels sluit toegang tot die kunstefees en alle materiaal in.

Werkwinkels vir dans, skilder, juwele maak, en selfs ultraviolet fotografie word onder meer aangebied.

Die kunstefees bestaan uit:

20 uitstallers, 12 kosstalletjies, agt regstreekse optredes, ’n Kid Zone met vier gratis gesinsaktiwiteite, Namibiese Multimediateater, agt kunswerkwinkels, een Art Battle Royale VIP-liefdadigheidskunsveiling, en twee installasies.

“Ons het vandag om 19:00 'n vrywilligervergadering by die Goethe-Institut vir dié wat belangstel om op die dag van die kunstefees te help. Daar is heelwat aansporing vir vrywilligers, en ons sien uit daarna om saam 'n grootse geleentheid te skep! Ons volgende kunstefees sal in Desember gehou word, en inligting oor deelname daaraan sal binne die volgende twee maande vrygestel word,” sê Jeoffrey.

Dis belangrik om te onthou dat die kunstefees ten doel het om kunstenaars in staat te stel om hul werk te verkoop.

Alle kuns wat tydens die fees ten toon gestel word, is te koop.

“Met die werk van meer as 20 kunstenaars is daar seker iets vir almal. Betalings kan in kontant gedoen word, of deur PayToday. Kunstenaars sal 'n vaste prys vir hul kunswerke hê, en kliënte kan hul aankope by die betaallokaal maak.

”Ons hoop om dit moontlik te maak dat kunstenaars vandag hul geld kan verdien, nie ná hulle dood is nie.”

Kontakbesonderhede

Besoek @NamibiaArtsFair op Facebook of www.namartsfair.com vir meer inligting. Toegang is N$40 by die hekke, en gratis vir kinders onder 15, asook vir pensioenarisse.

Die meesterbreine agter die fees

Jeoffrey Mukubi (24) is 'n Windhoeker wie se joernalistieke loopbaan in 2014 begin het as aanlyn koördineerder by Desert Soul Namibia. Hy was in beheer van die skep van nuusinhoud. In 2015 het hy sy derde jaar in mediastudies aan die Kollege van die Kunste (Cota) voltooi en is deur die nasionale uitsaaier (NBC) se radiodienste in diens geneem.

In 2016 het hy by Base FM in Katutura aangesluit as radiojoernalis en nuusaanbieder vir hul sakeprogram, wat tans elke weeksdag tussen 12:00 en 14:00 uitgesaai word. In April 2017 sluit hy as vermaakverslaggewer by Confidénte aan en werk steeds daar.

“Ek is ook 'n entertainer. Ek sing en speel die kitaar onder die naam Jeff A.D. as neo soul-musikant. Ek is ook 'n geleentheidskoördineerder en medestigter van die Kalahari Internasionale Kunstefees (KIFA). Ek is ook 'n kunstenaarverteenwoordiger, administrateur en promotor. Ek het tans twee musikante, een fotograaf en twee videograwe. Ek is ook 'n skrywer, inhoudsontwikkelaar en kreatiewe regisseur.”

Ramatoulie Sallah-Muhammed is 'n multidissiplinêre kunstenaar wat optree as Rahma the Bass. Sy het al verskeie Namibiese geleenthede gereël, en was by feeste, geleenthede en konferensies in beide die VSA en Namibië as 'n verskaffer, werkwinkelaanbieder en organiseerder betrokke. Sy is in die VSA gebore en werk sedert 2014 in Namibië. Sy het 'n passie vir musiek en kuns en speel al sedert sy vyf is musiekinstrumente. Sy het al by die Warehouse-teater, die KIFA en die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) opgetree.

Sam Matengu, eienaar en stigter van Sky Sam Photography, is in Windhoek gebore en het op vyf VSA toe getrek. Op 14 trek hy en sy gesin België toe.

“Ek het in 2011 teruggekom Namibië toe en vir ’n BA-graad in sielkunde en kuns ingeskryf. Ek het my studies in 2014 gestaak en kortliks Zambië toe getrek om my liefde vir kos uit te leef en 'n gevorderde diploma in voedselproduksie te doen.

“Ek het nog altyd 'n passie vir fotografie gehad, maar het eers in 2015 'n aanlyn fotografiekursus gedoen en uitgebreide navorsing oor hoe om foto's in verskillende lig te neem. Ek het toe begin fokus op lang beligting-fotografie, wat tot my eerste interaktiewe uitstalling met die titel ‘Where Is Your HeArt?’ met Chantel Kambrude gelei het.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%