Kuns beeld coronastryd uit
'n Muurskildery is die afgelope naweek by die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) in Robert Mugaberylaan aangebring. Die werk getiteld “Everybody Versus Corona” beeld Namibië se stryd teen die Covid-19-pandemie uit diverse perspektiewe uit. Die worstelinge van gesondheidsorgwerkers, Covid-19-pasiënte, skoliere, taxibestuurders en nooddienswerkers word in dié skildery vasgevang. Lees meer op bl. 3. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie