Kunene spog met grootste bewaringsgebied

Geen bewaring in Khomas

21 January 2019 | Omgewing
Ellanie Smit – Meer as 59 000 mense woon in bewaringsgebiede in die Kunenestreek.

Dié streek is die grootste gemeenskaplike bewaringsgebied in Namibië.

Bewaringsgebiede van 58 943 vierkante kilometer in die Kunenestreek huisves 59 207 mense.

Volgens ’n verslag wat in 2017 uitgereik is oor die stand van bewaringsgebiede in Namibië is 79,5% van kommunale grond in dié streek bewaringsgebiede, terwyl 81,7% van die kommunale gebiede se inwoners in bewaringsgebiede woon.

Die Khomasstreek het geen bewaringsgebiede nie.

Volgens die verslag brei gemeenskaplike bewaring uit, wat die aantal mense wat by natuurlike hulpbronne baat, laat toeneem, asook die gebied wat bewaar word.

“Beter landskapaansluiting, wat deur nuwe bewaringsgebiede in Namibië geskep word, is noodsaaklik om die omgewing se veerkragtigheid te verseker en om die impak van klimaatsverandering te verminder,” lui die verklaring.

“Hierdie ontwikkelings dra grootliks by tot Namibië se pogings om sy grondwetlike toewyding aan die beskerming van die omgewing te verseker, terwyl ekonomiese groei en landelike ontwikkeling terselfdertyd bevorder word.”

Die Otjozondjupastreek is in die tweede plek met ’n gebied van 41 059 vierkante kilometer wat onder bewaring is.

In dié streek woon 36 991 mense in bewaringsgebiede.

Volgens die verslag is 100% van kommunale grond in dié streek bewaringsgebiede, en 100% van die kommunale inwoners woon in bewaringsgebiede.

Bewaringsgebiede beslaan 18 404 vierkante kilometer in die Omahekestreek, met ’n totaal van 6 750 mense wat daar woon.

In dié streek is 42,5% van die kommunale grond bewaringsgebiede, met 21,9% van die kommunale inwoners wat in bewaringsgebiede bly.

In die Erongostreek behels bewaringsgebiede 17 289 vierkante kilometer met 6 842 inwoners.

Volgens die verslag is 91,5% van kommunale grond in dié streek bewaringsgebiede, en 55,8% kommunale inwoners daar woon in bewaringsgebiede.

Bewaringsgebiede in die Omusati-, Ohangwene-, Oshana- en Oshikotostreek saam dek meer as 13 095 vierkante kilometer.

Die bewaringsgebiede in dié streke beslaan skaars 24,7% van kommunale grond, terwyl slegs 5,2% van die kommunale inwoners van dié streke daar woon.

In die ||Kharasstreek woon 4 558 mense in bewaringsgebiede, wat 6 550 vierkante kilometer dek.

Dít verteenwoordig 41,7% van die grond en 32,8% van die kommunale gemeenskap.

Daar is sowat 32 770 mense in die Zambezistreek wat in bewaringsgebiede woon. Die oppervlak wat in dié streek onder bewaring is, is slegs 4 092 vierkante kilometer, wat 39,4% van kommunale grond behels.

Bewaringsgebiede strek oor 1 424 vierkante kilometer in die Hardapstreek, wat beteken 18,4% van die kommunale grond huisves 10,5% van die kommunale inwoners.

Die Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek het die kleinste oppervlak onder bewaring, wat slegs 1 196 vierkante kilometer behels.

Slegs met 17 126 mense woon daar.

Volgens die verslag is 5,2% van dié gebied onder bewaring met 2% van inwoners wat daar bly.

“In die kommunale gebiede van sommige streke woon die hele bevolking in bewaringsgebiede, wat verskille in grootte, bevolkingsdigtheid en grondgebruik toon,” lui die verslag.

“Die verskeidenheid en oorvloed van diere en ander natuurlike hulpbronne verskil aansienlik en word deur verskille in klimaat, topografie, grondsoorte en die beskikbaarheid van water beïnvloed.”

Volgens die verslag verskil die verhouding van bewaringsgebiede tot stedelike gebiede en infrastruktuurontwikkeling ook.

In die noordelike sentrale streke woon meer as 40 000 mense in bewaringsgebiede, hoewel dit net sowat 5% van die mense verteenwoordig wat in digbevolkte gebied woon.

Baie van dié inwoners woon in stedelike gebiede.

Ander streke het baie klein of geen bewaringsgebiede.

Die verslag voeg by slegs vyf bewaringsgebiede in Namibië is kleiner as 100 vierkante kilometer.

Nege van die 83 geregistreerde bewaringsgebiede is tussen 5 000 en 9 000 vierkante kilometer, wat tussen 65 en 120 keer die grootte van ’n gewone Namibiese plaas is.

Soortgelyk

 

Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat

24 minute gelede | Howe

Die sesde beskuldigde in 'n renosterstroperysaak is vandag borgtog van N$6 000 in die landdroshof op Outjo toegestaan. Mnr. Rukeeveni Nguronda (34) en sy vyf...

Ter plaatse ondersoek na hout-oeste

42 minute gelede | Omgewing

Die parlementêre portefeuljekomitee belas met natuurlike hulpbronne het gister besoek aan drie Chinese houtdepots in die Kavango-Oosstreek by Kapupahidi, Taratara en Kawe afgelê. Dít glo...

Windhoek klop waterteikens

16 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me. Lydia Amutenya,...

Kalahariwoestyn keer terug

16 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

16 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

16 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

16 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

16 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...