Kundige leiding by afrigtingskliniek

Instrukteurs is gereed om die atletiekjaar op die regte noot te help afskop.
Andrew Poolman
Registrasie word vandag gedoen vir die 28ste jaarlikse Quinton-Steele Botes afrigtingskliniek en oefenkamp in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek, wat môre amptelik begin onderhewig aan die toepassing van die huidige nasionale Covid-19-regulasies.

Soos gebruiklik kan baan- en veldatlete die nuwe jaar op ’n stewige grondslag afskop, met ’n paneel van gekwalifiseerde instrukteurs en afrigters wat in elke groep items gereed is om atlete by te staan om hul doelwitte vir die jaar na te jaag.

Die betrokke afrigters is:

• Jonathan Greyvenstein (afrigter van onder andere die Suid-Afrikaanse wêreldkampioenhoogspringer Jacques Freitag)

• Roger Haitengi (bronsmedaljewenner by die 2014 Afrika-kampioenskap en nasionale rekordhouer in driesprong; rig ook verspring af)

• Charley Strohmenger (naellope 100, 200, 400)

• Henk Botha (afrigter van Beatrice Masilingi, 400-kwalifiseerder vir die 2021 Olimpiese Spele, gee leiding in gewigstoot)

• Jasper Engelbrecht (spiesgooi)

• Ryan Williams (nasionale rekordhouer in die diskusgooi)

• Karlien Botha (gewigstoot en diskusgooi)

• Walther Dorn-Schnirring (naellope)

• FC Pieters (hekkies)

• Gotti Tsowaseb (Wêreldatletiek-geakkrediteer as hoogspringafrigter)

• Sherwin Vries (Olimpiese naelloper)

• Caren Swanepoel en Nakali Tangeni (kindergroepe)

• Chantelle van den Berg (sekretaresse en organiseerder)

Registrasie word vandag om 13:00 gedoen vir die kursus wat môre begin tot Donderdag duur. Die kindergroepe se sessies is soggens (08:00 tot 11:30), waarna die ouer deelnemers vanaf 14:30 tot 18:30 aan die beurt kom.

Die koste beloop N$450 vir die kindergroepe (5-9 jaar of 10-17 jaar), of N$500 vir die vlak een of gevorderde atlete.

Die groep van ses- tot tienjarige kinders word aan die grondbeginsels van alle baan- en velditems blootgestel. Hulle word dus in naellope, hekkies, hoogspring, verspring en die werpitems se basiese tegnieke onderrig sodat hulle op ’n latere ouderdom die fokusitem van hul keuse kan vind.

Belangstellendes in die intermediêre groep moet op ’n enkele afdeling vir die week besluit, naamlik (1) hoogspring en verspring, (2) hekkies en naellope, (3) gewigstoot, diskusgooi en spiesgooi, of (4) middel- en langafstande.

Die elite en gevorderde atlete moet ook ’n enkele keuse aandui, met die opsies (1) naellope, (2) hekkies, (3) middel- en langafstande, (4) hoogspring, (5) verspring en driesprong, (6) gewigstoot, (7) diskusgooi, of (8) spiesgooi.

Die borge wat die vierdaagse byeenkoms help moontlik maak, is Coca-Cola, Marathon Sugar, Crystal Gold, Fabu Pharm, Woodlands Dairy, die ATKV, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Gondwana Collection, die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, Hotel Thule en die Hotel Safari.

Enige navrae kan aan me. Leoni van Rensburg by sel. 081 127 1193 of e-pos [email protected] gerig word. Atlete verbonde aan die QSB Windhoek Hochland Sport-atletiekklub, die gasheerklub, kom vir vermindere tariewe in aanmerking.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!