Kuier weer saam by Sjordé

01 October 2021 | Kuns en vermaak
Die Windhoek Woordfees is vroeër vanjaar in hul spore gestuit toe strenger inperkingsmaatreëls aangekondig is.

Die organiseerders het egter dié week met groot opwinding aankondig die volgende Sjordé-aand vind weer op Donderdag 7 Oktober plaas.

Gedurende die tagtigerjare het prof. Aldo Behrens en dr. Chrisna Beuke-Muir huiskonserte in Windhoek aangebied met die naam “Sjordé” (gooi drankie – “sjor”, neem en drink, “dè”).

Netwerk Namibië, in samewerking met die Windhoek Woordfees, het weer begin om hierdie gewilde beweging te laat herleef.

Die Windhoek Woordfees het vanweë die inperkingsmaatreëls besluit om kleiner, meer gereelde en plaaslike produksies aan te bied, totdat groter vertonings weer toegelaat word. Netwerk werk saam met die Windhoek Woordfees, veral met die bemarking van hierdie geleenthede.

Elizma Theron, uitvoerende beampte van Netwerk, is van mening hierdie byeenkomste is gulde geleenthede om blootstelling aan plaaslike talent te bied.

“Daar bestaan ’n definitiewe behoefte aan kultuurvertonings van goeie gehalte in Namibië en hier is beslis geen tekort aan talent nie”.

Dit is danksy die insette van die borg van die Windhoek Woordfees, First Rand Foundation Namibia, dat hierdie byeenkomste op ’n gereelde basis kan plaasvind. Hou gerus Netwerk Namibië se Facebook-blad dop om nie uit te mis op enige van dié funksies nie.

Die volgende Sjordé word eerskomende Donderdag by De Kayak in Olympia aangebied. Lize Ehlers is geen vreemdeling op verhoë in Windhoek nie en gaan die gehoor vermaak met haar eiesoortige sterk stem en flambojante verhoogpersoonlikheid.

Lize Ehlers staan bekend as die Namibiese “eerste dame” van die kunste. Sy is onder meer ’n sangeres, liedjieskrywer, musikale regisseur, vervaardiger, aktrise, dramaturg en digter, en ook die stigter en regisseur van RMB Song Night, waar sy sedert 2011 gratis mentorskap aan opkomende talent bied.

Gebore en getoë in Mariental - word Lize Ehlers beskou as ’n nasionale kreatiewe pionier as ontvanger van die eerste Kunstenaar van die Jaar-toekenning by die Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs) in 2019. Sy het reeds verskeie ander toekennings vir haar werk in die plaaslike teater ontvang, en haar vertoning by die Sjordé beloof om vermaak uit die boonste rakke te wees.

Verversings is by die N$100-kaartjie ingesluit. Bring asseblief jou eie drinkgoed saam. Weens die huidige inperkingsmaatreëls is daar slegs 150 kaartjies beskikbaar.

Stuur ’n e-pos na [email protected] of WhatsApp na 081 756 1160 om jou plek te bespreek om hierdie geleentheid by te woon.

Soortgelyk

 

Plaaslike aktrise wen ‘Afrika-Oscar’

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die plaaslike aktrise Hazel Hinda het op 28 November die toekenning vir die beste aktrise in ’n ondersteunende rol by die African Movie Academy Awards...

Skole sluit vroeër ná vraestelle lek

4 ure gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê skole gaan vroeër sluit as wat aanvanklik aangekondig is, om streke in staat te stel om voor...

Derde dosis Sinopharm goedgekeur

4 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het by monde van sy uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, bevestig dat Namibiërs wat reeds twee dosisse van...

Geen sterftes, 11 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes bly op 3 573, terwyl 11 nuwe gevalle gister aangeteken is. Dit is 'n positiewe koers van 0,6% en sluit een leerlinge en...

Diplomaat van Namibië toets positief vir Omicron in Japan

5 ure gelede | Gesondheid

Japan se hoofkabinetsekretaris Hirokazu Matsuno het bevestig 'n diplomaat van Namibië in sy dertigs het positief vir die Omicron-variant getoets. Die man het Japan via...

Nog stemme van verset teen inhokking

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtTerwyl gevalle van die Omicron-variant van Covid-19 in talle oorsese lande bevestig word en midde 'n groot waarskynlikheid dat die variant reeds op eie...

Plaaseienaar aangekla ná raakskoot

17 ure gelede | Misdaad

Elvira HattinghDie vlaag van veediefstal in die Grootfontein-omgewing is die afgelope naweek opnuut tot 'n spits gedryf toe 'n plaaseienaar 'n vermeende veedief met 'n...

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

17 ure gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

Veldbrand nog nie in bedwang

17 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie veldbrand wat sowat 'n week gelede naby Okahandja begin het, woed steeds voort. Volgens mnr. Corne Kruger het die vlamme aan die einde...