Kudus mik om Falcon te pootjie

DIE uurglas vir die MTC rugbyligas loop uit met die laaste ligawedstryde van die seisoen wat Saterdag op Rehoboth en Suburbspark beslis word. Kudus van Walvisbaai reis na Rehoboth nadat hulle verlede Saterdag vir United op Gemsbokpark met 25-15 geklop het.

United sal vanjaar beslis die halfeindstryde misloop nadat hulle vanjaar gesukkel het in die premierliga. Wanderers, Reho Falcon, Western Suburbs en Rehoboth is die spanne wat in die halfeindstryde gaan speel. Die verdedigende kampioen, Reho Falcon, sal moet ligloop vir die gemotiveerde Kudus uit Walvisbaai.

Die Valke het twee weke gelede met 15-28 teen Xerox Wanderers op sy tuisveld verloor. Kudus, wat vanjaar vir die eerste keer in die premierliga speel, se spel het gedurende die seisoen aansienlik verbeter. Die jong spelers uit die Weste het beslis tot nou hul merk in die premierliga gemaak. Hulle behoort vyfde op die punteleer te eindig, maar die Kuduhorings wil Saterdag vir oulaas vir ’n opskudding sorg deur die Valke te verras.

Op Suburbspark gaan ook vonke spat. Suburbs en Rehoboth se tweede spanne ontmoet in die voorwedstryd. Die eersteliga se kwarteindstryde is van hierdie naweek na 11 Oktober geskuif.

Die twee spanne sal mekaar Saterdag behoorlik aanvat voordat hulle uitvind wie hul teenstanders in die kwarteindstryde is. Die hoofwedstryd word om 15:30 tussen die twee oudstryders se eerste spanne gespeel. Ook hier is trots en eer op die spel.

Die twee spanne se finale posisies op die MTC premierliga se punteleer is op die spel. Die manne sal alles uithaal om as oorwinnaars uit Saterdag se stryd te tree. Die eerste- en premierliga se halfeindstryde is geskuif na 18 Oktober en die eindstryde sal op 25 Oktober plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!