Kubrat Pulev langs kryt vir Meroro

Boks
Andrew Poolman
Die taai swaargewig Kubrat Pulev, wat tevore wêreldtitelgevegte teen Anthony Joshua en Waldimir Klitschko verloor het, en sy jonger broer Tervel het vandeesweek saam in Tanzanië aangekom.

Tervel is 'n onoorwonne bokser wat vanaand in Dar es Salaam teen die deurwinterde Namibiër Vikapita Meroro opgeweeg word. Die Bulgaar het met elk van sy 15 opponente afgereken van wie hy 12 uitgeslaan het.

Tervel plaas sy WBA internasionale gordel in die junior swaargewigklas (tot 90.72 kg) op die spel in die geveg wat vir tien rondes bestem is.

Die 35-jarige Namibiër (29 gewen, nege verloor, 14 uitklophoue) is bekend op die vegnaam Beast Master.

Meroro het vroeër aan Republikein gesê hy het die hele Desember geoefen.

Meroro sê hy het hier en daar na video's met hoogtepunte van Pulev se gevegte gekyk. “Hy lyk nie vir my spesiaal nie.”

FOTO
Die Bulgaarse bokser-broers Tervel Pulev (links) en Kubrat Pulev het in Dar es Salaam aangekom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!