Kuberaanval tref wyd
Rusland
‘n Reusagtige, globale kuberaanval is op rekenaars van Rusland se grootste oliemaatskappy, die Oekraïne se banke en multinasionale maatskappye in groot dele van die wêreld gedoen.
Die virus is soortgelyk aan die kwaadwilllige sagteware wat 'n losprys eis wat verlede maand meer as 300 000 rekenaars geïnfekteer het.
Die vinnig verspreidende kuber-afpersingsveldtog het Dinsdag begin en benadruk groeiende kommer dat sakeondernemings in die beveiliging van hul netwerke teen aggressiewe kuberkrakers misluk het. Die kuberkrakers het reeds getoon dat hulle in staat is om kritieke infrastrukture te laat sluit en korporatiewe en regeringsnetwerke lam te lê.
Sakeondernemings in Europa, Indië en Australië is ook geteiken. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie