Kuberaanval op regering

Verskeie webtuistes op 'n bediener van die regering is onbereikbaar ná 'n kuberaanval – skynbaar oor omgewingskwessies.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Teen laat gister was die minstens 30 webtuistes van die Namibiese regering, wat talle van sy ministeries, die Namibiese polisie en streekrade insluit, steeds nie toeganklik nie nadat dit Woensdagmiddag deur vermoedelik kuberaktiviste gekraak is.

Die kuberaanval is deur 'n Twitter-gebruiker met die naam Paladin (@VirusSec) aangekondig.

Die twiet lui: “gov.na is #offline/Government Portal of Namibia/Warnings were given./#OpFunKill #Aonymous”. Die webtuistes wat geraak word, is ook in die twiet gelys.

Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie het teen laat gister nog nie 'n amptelike verklaring oor die kuberaanval uitgereik nie.

“Dit lyk asof al die geteikende webtuistes op 'n enkele bediener gehuisves word wat aan die kantoor van die eerste minister behoort. Die IP-adres is 154.0.193.133,” sê mnr. Andrew Fordred van Cynetio Cyber Security Solutions.

Dit blyk uit 'n verslag wat deur sy kollega, mnr. Rigo Reddig, opgestel is, die rede vir die aanval is nie duidelik uit die twiet nie. Hy sê vorige twiets en hutsmerke soos #OpFunKill, #Vegan, #Anonymous en #frackfreenamibia toon wel hierdie is die werk van kuberaktiviste.

“Dieselfde Twitter-gebruiker het in die verlede lande soos die Maldives en Suid-Afrika sowel as individuele organisasies geteiken as deel van kuberaktivisme oor menseregte, wetshervorming, diereregte en trofeejagkwessies,” sê Reddig.

“Ná 'n vlugtige, eksterne ontleding van die geraakte bediener en uit die ondersoek na die netwerkroetes, sowel as die gereedskap wat die kuberaanvaller(s) voorheen gebruik het, kan ons aflei dat hierdie 'n ongesofistikeerde Distributed Denial of Service (DDoS)-aanval is,” verduidelik hy verder.

“Die instrument blyk 'n aangepaste of gewysigde DDoS-opdrag te wees wat verskeie bedieners beveel het om die regering se bediener met data te oorstroom sodat dit in duie stort,” sê Reddig.

Volgens hom sal die aanval voortduur vir so lank as wat die aanvaller die opdrag aktief hou, of tot die regering se inligtings- en kommunikasietegnologiespan standaardmaatreëls implementeer wat die toestroming van inkomende dataverkeer blokkeer.

In 2014 is in 'n video op die webtuiste van www.freeronnie.operationfunkill.org met 'n kuberaanval op die regering gedreig nadat sy besluit bekend geword het om aan 'n safariklub in Amerika toestemming te gee om renosters in Namibië te jag.

Die groep het gesê dit is wreed om renosters onder die voorwendsel van bewaring dood te maak.

Reddig sê #Anonymous is nie 'n spesifieke organisasie nie. Hy verduidelik die hutsmerk word universeel deur onbekende kuberaktiviste of -aanvallers gebruik wat nie hul identiteit bekend wil maak nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42%