Kuberaanval op NWR
Kuberaanval op NWR

Kuberaanval op NWR

Francoise Steynberg
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het Sondag ’n kuberaanval met losprysware (ransomware) gehad.


Die aanval het daartoe gelei dat NWR se besprekingstelsel, Inkeeper, en e-eposstelsel by hul Windhoek-bediener buite werking was.

NWR se besturende direkteur, dr. Matthias Ngwangwama, het op navraag van Republikein bevestig NWR het Sondag ’n kuberaanval gehad.

Volgens die woordvoerder van NWR, mnr. Mufaro Nesongano, het die kuberkrakers ’n losprys van US$40 000 (sowat N$590 800 teen die huidige wisselkoers) geëis, wat NWR nie betaal het nie.

“Oor die afgelope twee dae het ons inligtingstegnologiespan baie hard gewerk om ons besprekingstelsel en e-pos-bediener te herbou en te herstel,” het Ngwangwama gesê.

“Tot dusver kon ons die besprekingstelsel herstel. Ons e-posdienste sal voor die einde van die week herstel wees.”

Ngwangwama het NWR se se kliënte vir hul begrip tydens hierdie tyd bedank.

Nesongano het bevestig dat die kuberaanval nie juis ’n impak op die besprekings vir Valentynsnaweek gehad het nie.

“Ons Gross Barmen-oord was reeds volbespreek,” het hy gesê.

’n IT-kenner sê kuberkrakers vra vir ’n losprys voor hulle ’n maatskappy se inligting weer ontsluit. Hierdie tipe aanval staan as "ramsomware" bekend waaruit kuberkrakers finansiële voordeel wil trek of om sensitiewe inligting uit ’n maatskappy te kry.

Hy sê as maatskappye se sekuriteit- en rugsteunstelsels voldoende is, is dit nie nodig om die kuberkrakers se losprys te betaal nie.

Foto ter illustrasie NWR

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!