Kritiek van alle kante oor SA se u2018Love Islandu2019
Kritiek van alle kante oor SA se u2018Love Islandu2019

Kritiek van alle kante oor SA se ‘Love Island’

Yandi Du Plessis
Love Island SA? Eerder Pain Island.

Die produksiegehalte van die eerste episode van die maatsoekprogram Love Island SA word in die sosiale media uitmekaargetrek.

Die eerste episode van die reeks is Sondagaand op M-Net uitgesaai, maar kykers sê dit lyk asof dit met ’n swak selfoonkamera opgeneem is. Hulle het ook gekla oor die klank plek-plek heeltemal af was en sê hulle kon selfs in ’n stadium die produksiespan op die agtergrond hoor praat. Mense het die reeks Pain Island gedoop.

“Ons verstaan kykers se teleurstelling in verband met die produksiegehalte,” het DStv Maandagaand in ’n verklaring gesê. “Ons wil om verskoning vra vir die tegniese probleme wat ondervind is en werk regtig hard daaraan om dit op te los.”

SPIERE EN LYFIES, MAAR WAAR IS DIE DIVERSITEIT?

Kykers het veral op Twitter hul misnoeë uitgespreek oor die “tekort aan diversiteit” van die deelnemers aan die program, wat soortgelyk is aan die TV-reeks Big Brother.

Die doelstelling van Love Island is dat elke deelnemer ’n maat vind in die luukse huis waar die groep saam woon sonder kontak met die buitewêreld. Die deelnemers gewoonlik aantreklike, slanke of gespierde enkellopendes wat die meeste van die dag in hul baaibroeke deurbring.

Gedurende die reeks word nuwe deelnemers bygevoeg en sommige uitgeskakel. Die paartjie wat aan die einde van die reeks die publiek se gunsteling is, wen R1 miljoen.

Dié reeks het enorme sukses in veral Brittanje behaal en deelnemers daaraan vestig hulself daardeur as bekendes op die internasionale verhoog.

Tommy Fury, die jonger broer van die beroepsbokser Tyson Fury, was in ’n onlangse Britse reeks van Love Island te sien. Hy en sy pasmaat, Molly-Mae Hague, is byna twee jaar later steeds ’n paartjie. Die paartjie is egter een van die uitsonderings, aangesien die meeste byna onmiddellik ná die program opbreek.

Die tien deelnemers, vyf vroue en vyf mans, wat in Sondagaand se episode aan kykers bekend gestel is, was volgens talle nie verteenwoordigend van Suid-Afrika se bevolking nie.

Hoewel talle mense hul ontevredenheid hieroor uitgespreek het, het honderde ander gesê dit is nie ’n probleem nie en sulke denke is nie bevorderlik in ’n reënboognasie nie.

“Ons is trots daarop dat ons programme, insluitend Love Island, diversiteit en insluiting weerspieël,” lui die DStv-verklaring.

“Die vele kanale en duisende programure wat ons lewer, getuig hiervan. Kykers kan verseker wees dat dit in toekomstige episodes van Love Island SA duideliker sal blyk. Ons hoop dat kykers sal bly kyk om die nuwe sterre te geniet wat hulle in die volgende paar dae sal aansluit.”

Love Island SA word daagliks om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!