Kêrel verwurg, begrawe eksmeisie glo

14 February 2018 | Misdaad
Henriette Lamprecht



In nog 'n voorval van geslagsgeweld is 'n jong onderwyseres die naweek na bewering deur haar kêrel in die noorde van die land vermoor. Die 26-jarige me. Cecilia Muropua is glo Sondag­oggend vroeg deur haar kêrel op Divundu verwurg en is glo later kilometers verder in 'n vlak graf by Rundu begrawe.

Die 32-jarige verdagte het glo Saterdagaand uit Rundu by Cecilia se woonstel in Divundu opgedaag. Die paartjie het glo in 'n woordewisseling betrokke geraak, met vriende van Cecicilia wat later aan haar familie sou sê dit het geklink of sy in pyn was. By nadere ondersoek deur bekommerde vriende en familie die volgende dag was Cecilia se woonsteldeur gesluit.

Die polisie se hulp is ingeroep om die deur oop te breek en daar was glo tekens van 'n struweling in die woonstel.

Cecilia se kêrel het ná ondervraging deur die bekommerde familie oor waar sy haar bevind, glo erken hy het haar verwurg.

Die verdagte het glo ook 'n skulderkenning aan die polisie gemaak.

Volgens hom het die woordewisseling gegaan oor iets wat hy op Cecilia se selfoon gesien het.

Hy het haar toe glo verwurg, die liggaam in sy motor se kattebak gelaai en die meer as 200 km na Rundu teruggery waar hy eers gestop het om 'n graaf by sy huis te kry.

Cecilia se lyk is in die dorp se nywerheidsgebied tussen bosse begrawe. Haar liggaam was na bewering halfnaak en sy het glo net 'n lyfkous aangehad.

Volgens 'n familielid het Cecilia en die verdagte 'n onstabiele verhouding gehad en het sy na bewering reeds 'n geruime tyd gelede die verhouding beëindig.

Die verdagte het haar egter glo steeds meedoënloos gevolg en probeer om die verhouding te hervat.

Die moord is deur die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, bevestig.

Volgens Kanguatjivi sal die verdagte in die landdroshof op Rundu op aanklagte van moord, verkragting, dwarsboming van die gereg asook die skending van 'n menslike liggaam verskyn.

Intussen berig Denver Kisting 'n rusie tussen twee vriendinne het glo gisteroggend vroeg tot die dood van 'n jong vrou in 'n Windhoekse voorstad gelei.

Volgens hoofinspekteur Kauna Shikwambi van die polisie se skakelafdeling het me. Denise Willemse (22) na haar kamer teruggekeer nadat sy en die verdagte glo elders stry gekry het.

Teen 01:54 het die verdagte Willemse glo tot by haar huis in Okuryangava in Katutura agtervolg, oor die heining gespring en haar met 'n mes toegetakel.

Willemse het na wat verneem word op die toneel aan haar borswonde beswyk.

Haar naasbestaandes is volgens Shikwambi reeds van haar dood verwittig. 'n Verdagte (25) is sedertdien weens die moord aangekeer en sal eersdaags in die hof verskyn. Shikwambi sê in dié stadium is die rede vir die stryery tussen die twee vroue nog onbekend. Die polisieondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval

5 ure gelede | Ministeries

Tanja Bause - Enige hoop op oorlewing van die Namib se wilde perde krimp al meer, terwyl die ministerie van die omgewing en toerisme na...

Leerlingdokters 'van swakker gehalte'

5 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Namibië bestee al ses jaar lank geld aan die opleiding van mediese studente in die buiteland.Volgens mnr. Cornelius Weyulu, registrateur van die...

Regulasies vir loterye en dobbel kom

5 ure gelede | Toerisme

font face="Verdana" >Francoise Steynberg - Alle rolspelers in die lotery- en dobbelbedryf moet landswye openbare werkwinkels bywoon sodat regulasies volgens nuwe wetgewing opgestel kan...

Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender

5 ure gelede | Ministeries

Twee administratiewe beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor op Otjiwarongo is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat ná hulle...

Weer, Woensdag 20 Februarie 2019

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die verre noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele reënbuie in die...

Twee kinders met stok doodgeslaan

5 ure gelede | Misdaad

’n Angolese burger is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige kinders na bewering doodgeslaan het en hul ouma ernstig gewond het. Die voorval het...

Weerwaak teen hitte uitgereik

5 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor sê die kanse op reën is besig om te verbeter in die noordwestelike dele van die land, asook in die Khomasstreek, waar...

Duister SA bekommer NamPower nie

5 ure gelede | Energie

Augetto Graig - Namibië se nasionale kragverskaffer, NamPower, sê Suid-Afrika se kragverskaffer, Eskom, is nie die enigste bron waarmee plaaslike krag aangevul word nie. “Namibië...

Pack Safari open toergids-akademie

5 ure gelede | Toerisme

Pack Safari het amptelik die deure van sy toergids-akademie in Windhoek oopgemaak. Die akademie bied gratis beroepsopleiding aan plaaslike, Duitssprekende toergidse met FGASA Veldgids vlak...