Kreefduiker voor stok

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
MAN is op Kersdag net buite Walvisbaai deur inspekteur van die Ministerie van Visserye met altesame dertig ondermaat krewe betrap terwyl nog inspekteur in ander voorval deur groep mans aangerand is toe hy besig was met patrolliewerk. Twee mans is op aanklag van aanranding in hegtenis geneem.
Ingevolge wetgewing kan die man wat met die te klein krewe betrap is, maksimum boete van sowat N$10 000 opgelê word.
Saam daarmee het woordvoerder van die ministerie se spesiale direktoraat opnuut gewaarsku dat inspekteurs genadeloos gaan toeslaan op hengelaars en kreefduikers wat die wet oortree.
Visinspekteur op Walvisbaai, mnr. Michael Koopman, het die twee voorvalle aan Republikein bevestig. Verskeie minder ernstige oortredings het sedert die begin van die feesseisoen op verskeie plekke langs die kus voorgekom, maar die afgelope paar dae se twee voorvalle is die eerstes wat hofsake tot gevolg gaan hê.
\"Ons het die afgelope weke genoeg bewyse gekry dat mense steeds kanse waag en die neergelegte reëls en regulasies ten opsigte van die vang van vis en kreef en die gebruik van wurms oortree.\"
Hy sê patrollies deur inspekteurs het veral die omgewings van Swakopmund en Hentiesbaai as probleemgebiede uitgewys. In sommige gevalle is duikers op heter daad betrap met krewe wat te klein was, terwyl ander hengelaars die voorgeskrewe kwota vis per dag oorskry het. Die man met die dertig ondermaat krewe is net noord van Walvisbaai betrap.
Insp. Claudius Ikera is Maandagmiddag deur groep mans getakel terwyl hy in sy voertuig op Onafhanklikheidstrand op Walvisbaai diens gedoen het. Twee mans het reeds in die hof verskyn vir die beweerde aanranding en die saak is tot vroeg volgende jaar uitgestel.
Mnr. Koopman het beklemtoon dat kreef kleiner as 6,5cm onwettig is en dat vakansiegangers daarop moet let dat net sewe krewe per persoon per dag met geldige permit toegelaat word.
\"Anders as in die geval met vis, mag duikers nie drie dae se kreefvangste opgaar nie. Indien persoon 21 krewe in drie dae vang, sal hy in besit van drie permitte moet wees.\" Hy het ook daarop gewys dat net die permithouer die kreef mag vervoer.
Oor vis het hy gesê die regulasies spel dit duidelik uit dat hengelaar net tien visse van spesifieke spesie per dag mag vang. Hengelaars mag wel tien visse per dag van elke spesie oor tydperk van drie dae bymekaarmaak vir eie gebruik. \"Wanneer die hengelaar egter oppak en die kusgebied verlaat, mag hy net tien visse van betrokke spesie by hom hê saam met sy permit.\"
Mnr. Koopman het gesê die spesiale direktoraat van die Ministerie doen alles in sy vermoë om die kusgebiede met viertrekvoertuie en vierwielmotorfietse te patrolleer.
\"Ons het egter beperkte mannekrag en net sekere getal voertuie tot ons beskikking vir die groot taak, maar tot dusver het ons inspekteurs hul teenwoordigheid behoorlik laat geld. Ons sal deurlopend aan diens wees en werk nou saam met die Namibiese polisie wat ook op hul hoede is vir oortreders by padblokkades wat op al die paaie na die binneland opgerig is.\"
Volgens hom is hele paar vakansiegangers by die padblokkade by Karibib betrap waar hulle vis vervoer sonder permitte of dat hulle te veel van spesie in hul besit gehad het.

Soortgelyk

 

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

8 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

8 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

8 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...

Hardap loop gou vol

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié Suidedam se sluise sou getrek moes word....

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

15 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

17 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...