Kreef, koffie en wyn is hier ewe tuis
Ronelle Rademeyer - Die Diaz Coffee Shop met sy gewilde oester- en wynkroeg net langsaan, is so deel van Lüderitz soos die see en die beroemde Felsenkirche wat rotsvas oor die dorp tuur.
Dit is die afgelope vier of wat jaar in die Krabbenhöft & Lampe-gebou in Bismarckstraat geleë.
Hier kan Buchters en toeriste koffie van Slowtown en Two Beards bestel – beide produkte wat op Swakopmund gerooster en verpak word.
Teen die mure van die gesellige koffiewinkel hang ou foto’s van die geskiedkundige Krabbenhöft & Lampe-gebou wat in 1909 gebou is.
Die gebou is ’n uitstekende voorbeeld van die Duitse koloniale argitektuur in die tyd toe die diamantbedryf geblom het.
Die oester- en wynkroeg vertel weer die storie van die visbedryf. Hier kan gaste weglê aan die beste seekos uit dié geweste: Oesters, kreef, vis en calamari.
In ’n rak teen die een muur is die Suid-Afrikaanse wyne uitgestal waarmee gaste hul maal kan aanvul.
Toeriste stem saam ’n besoek aan Lüderitz is nie volledig sonder ’n besoek aan die Diaz Coffee Shop nie.
Afgesien van die kulinêre ervaring, bring so ’n besoek ook stilweg hulde aan die dapper Portugese seevaarder Bartolomeu Diaz wat in 1488 hier voet aan wal gesit en dié winderige kusgebied Angra Pequena genoem het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie