Kreef- en stokviskwotas aangekondig
Die kabinet het vandag aangekondig wat die toelaatbare vangste vir die stokvisseisoen van 1 November tot 30 September 2020 gaan wees.
Altesaam 154 000 metrieke ton stokvis mag voorts gevang word.
Die stokviskwota bly dieselfde as in 2018 en 2017, wat meer is as die 140 000 metrieke ton wat in 2016 toegelaat is.
Van 1 November tot 30 April 2020 mag 180 metrieke ton kreef uit Namibiese waters gehaal word.
Die hoeveelheid kreef wat in dié seisoen gevang mag word, is minder as die 200 metrieke ton wat laas seisoen toelaatbaar was.
In 2017 is 230 metrieke ton se kreefvangste toegelaat, 268 metrieke ton in 2016, en 250 metrieke ton in 2015.
Die kabinet het terselfdertyd Namibië se toetrede tot die Internasionale Konvensie vir die beheer en bestuur van Ballaswater en Skeepsediment (BWM) aangekondig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie