Krane weer vol op Leonardville
Augetto Graig - Die klein dorpie Leonardville se watertoevoer is herstel.
Die dorpsraad is in gesprek met NamWater om seker te maak die toevoer word nie weer, soos onlangs, afgesny nie.
Volgens mnr. Donavan Gaingob, waarnemende uitvoerende hoof van die dorp, is daar ’n geskil tussen dié raad en die nasionale waterverskaffer oor wie wat skuld.
Gaingob sê sedert die water op 6 Oktober afgesny is, was die dorpsraad in verbinding met NamWater oor die kwessie, aangesien daar ’n betwiste bedrag van N$500 598,02 is, “wat volgens ons boeke deur NamWater aan die dorpsraad verskuldig is, in vergelyking met sowat N$580 000 wat die raad aan NamWater skuld”.
Om die kwessie op te los, is ’n vergadering verlede week Woensdag tussen NamWater se streekskantoorbestuurder, mnr. Marco Bernhardt, en die dorp se rekenmeester, mnr. Ismael Awaseb, op Gobabis gehou. Ná deeglike bespreking van die saak is besluit al twee partye sal hul rekords so gou moontlik nagaan - in die besonder betalings wat tussen 2010 en September 2016 gemaak is.
Intussen het die dorpsraad verlede week Donderdag ’n bedrag van N$200 00 aan NamWater oorbetaal.
Gaingob sê dié bedrag is heelwat meer as die 20%, of die betaling van sowat N$94 000, waarop NamWater aangedring het.
In terme van samewerking het hy verwys na NamWater se verskaffing van ’n watertrok wat, toe die watertoevoer afgesny is, skole en die kliniek op die dorp se nood verlig het.
Leonardville het twee skole, ’n kliniek, ’n polisiekantoor en ’n paar besighede.
Gaingob het gesê die dorpsraad het opnuut geld begin invorder van inwoners wat nog geld vir munisipale dienste verskuldig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie