Koue weer op pad terwyl La Niu00f1a dalk vorm
Koue weer op pad terwyl La Niu00f1a dalk vorm

Koue weer op pad terwyl La Niña dalk vorm

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Baie koue toestande word môre en Donderdag oor die Suide verwag.

Ryp word ook teen Donderdag in die Suide en op sommige plekke in die Ooste verwag en mense behoort die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

Dié waarskuwing is vanoggend in ’n weerwaak deur die Namibiese weerkantoor uitgereik.

Intussen het die Australiese Buro vir Meteorologie in sy nuutste Enso-uitkykstatus gesê beide die El Niño- Suidelike Ossilasieklimaatspatroon (Enso) en die Indiese Oseaan-dipool (IOD) is neutraal, maar dat steeds ’n 50% kans bestaan dat La Niña-toestande nog vanjaar kan vorm.

Dit is ongeveer dubbel die gemiddelde waarskynlikheid.

Die Australiërs hou dus hul uitkykstatus op ’n La Niña-wag.

Die rede hiervoor is omdat water op die oppervlak en net onder die oppervlak in die tropiese Stille Oseaan, sedert April vanjaar aanhou koeler raak. Tydens die afgelope week het dié tendens voortgeduur en alle internasionale modelle toon dat dit in die komende maande nog meer sal afkoel.

“Die meeste modelle dui aan dat drumpels vir La Niña-toestande teen die lente bereik sal word,” sê die Buro. “Boonop dui Enso-aanwysers soos die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), passaatwinde en wolkvorming naby die datumlyn tekens dat ’n La Niña aan die ontwikkel is.

Mnr. Johan van den Berg, landbouweerkundige-konsultant by Santam Suid-Afrika, het vroeër gesê terwyl La Niña-toestande dreig om te ontwikkel, word dit ook vereenselwig met ’n negatiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD) – “wat ’n baie positiewe vooruitskouing vir somerreën is”.

Sou vooruitsigte vir La Niña-toestande verder versterk, sal die buro volgende sy uitkykstatus na ’n La Niña-waarskuwing verander. Sou La Niña-toestande in werklikheid vir ’n aantal maande heers, word ’n La Niña formeel aangekondig.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!