Koue weer laat warm motors brul

Motorsport
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die byeenkoms van Windhoek Motorklub (WMK) asook die ekspo wat verlede Vrydag en Saterdag by die Tony Rustrenbaan buite Windhoek aangebied was, is deur Richard Slamet, voorsitter van WMK, as ’n reuse-sukses bestempel.

“Ná maande se harde werk en beplanning kon ons uiteindelik die afgelope naweek die eerste Motor-ekspo van sy soort in Namibië aanbied. Ons het met die ouens van Big Boy Racing kragte saamgespan om ’n vol program aan motorsport-entoesiaste te bied en die 1/8ste myl sleeprenne was opwindend!

“Ons het Vrydagmiddag twaalfuur die hekke vir besoekers oopgemaak en daar is vir die eerste keer vyf verskillende jaagdissiplines aangebied. Daar is met sleeprenne (drags) meegeding, terwyl ander jaers verkies het om met tollende bande (spinning) die toeskouers te vermaak en dryfjaag (drifting) was Saterdagaand ’n verdere hoogtepunt.

“Die gimkana was ook uiters gewild en die manne op die motorfietse het met waaghalsige hangspronge die skare vermaak,” het Slamet entoesiasties vertel.

Die naweek se eregaste vanaf Brakpan, Team F-Rix, het verlede week in die hoofstad aangekom en was hier om hul gate uit te geniet. Die jaers het met spesiaal vervaardigde karre aan die tolkompetisie, dryfjaaguitdaging en gimkana deelgeneem.

WMK se eie lede het nie gras onder hul motorbande laat groei nie en het ewe gretig in die naweek se pret met hul eie resieskarre en renstelle gekompeteer. Veertig inskrywings is vir die drie-uurlange sleepren-program ontvang waar die enjins Vrydagaand ná sononder laat brul is.

“Interessante monsters soos Gerhard Visagie se Dragonfly V8-Promod, Royoiso Abrahams se V8-Mercedes 427Ci-turbo en Werner Bezuidenhoudt se blitsige Mazda RX7 en vele ander was op die spyskaart vir besoekers. Sleeprenjaers en toeskouers het die agtste-myl sleeprenne terdeë geniet en dit wil voorkom of dit die pad vorentoe vir WMK met sy eie sleepkompetisies gaan wees.

“Dit is veiliger, want die karre behaal nie hoë snelhede nie en die ren is gouer verby. Windhoek Motorklub gaan beslis in die toekoms weer so ’n byeenkoms aanbied. Ons kan net voortbou op die sukses wat die afgelope naweek behaal is,” het Slamet gesê.

Die voorsitter het vele rolspelers vir hul insae en hulp oor die naweek bedank en die uitstallers vir hul bydrae geloof.

”Baie dankie aan al die verskillende uitstallers van die verskillende motorsportkodes in Namibië wat die tyd gemaak het om jul voertuie en ysters ten toon te stel. Aan die publiek wat die skielike koue weer getrotseer het om ons te ondersteun, ’n baie groot dankie.

“Ek wil graag al die beamptes, baanopsigters en veiligheidsmense bedank wat die naweek veilig en seepglad laat verloop het. Aan die komitee van WMK, ons het waardering vir jul tyd en spanpoging wat die naweek ’n sukses gemaak het.

“Dankie aan die manne van Big Boy Racing vir jul bydrae en insae in die byeenkoms, asook Pierre en Pieter Grobler wat die kommentaar behartig het. Deon Diergaardt, namens WMK en die Ekspo-span waardeer ons jou toewyding, tyd en hope harde werk wat dié geleentheid ’n reuse-sukses gemaak het. Ek hoop om almal in 2019 weer by die Tony Rust-renbaan se volgende ekspo te sien,” het die voorsitter afgesluit.

Die organiseerders bedank Pupkewitz Toyota, Namibia Lubricants, Autoboss Panelbeaters, Retief Sales Promotions, NamAuto, Ceiling Centre, Revo Dub Tuning, Africa Aluminium Structural Systems, Ster Kinekor, Bank Windhoek, Sanitech, Tyre Rack, Karnic Distributors, Atlas CopCo, Redbull, Industrial Building Supplies, Itaka en Galaxy Productions wat die naweek as borge ondersteun het.

Die uitslae van die 1/8-sleeprenne:

Motorfietse: Nadeem Husselmann 6.758 sekondes. McAllen Husselmann 6.769 s. Clifford Steyn 7.022 s.

Karre: René Bezuidenhoudt VW Golf R7 7.793 s. Deon Diergaardt Toyota Corolla 1.6 Twincam 7.984 s. Gerhard Visagie V8-Dragonfly Promod 8.047 s.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25%