Kosvoorraad: Su00f3 lyk groente- en vrugtehandel tans
Kosvoorraad: Su00f3 lyk groente- en vrugtehandel tans

Kosvoorraad: Só lyk groente- en vrugtehandel tans

Invoere sal wel in Mei moet help met die vraag na onder meer uie en aartappels.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Namibië het tans genoeg voorraad van wortels, beet, tamatie, botterskorsies en Engelse komkommer en die Namibiese Akkerbouraad (NAB) het die grense vir invoere hiervan gedurende Mei gesluit.

Tog sal invoere gedurende Mei in die plaaslike vraag na uie, mini tamaties, aartappels, pampoenskorsies, patats, groen soetrissies en spanspek moet voorsien.

Vir die invoer van dié produkte geld die markaandeel-bevorderingskema (MSP)-beperking van 47%.

Die MSP is 'n stelsel wat Namibiese handelaars verplig om 'n vasgestelde persentasie groente en vrugte plaaslik aan te koop, voordat hulle aansoek vir invoerpermitte kan doen.

Kool kan tydens Mei op 'n pro rata-basis ingevoer word.

Dit volg ná die NAB onlangs gesê het dit het maatreëls geïmplementeer om die ononderbroke beskikbaarheid van stapel­voedsel in Namibië oor die volgende ses maande te verseker.

Dit is om seker te maak die land ervaar nie ernstige tekorte tydens of ná die ­inperking weens die Covid-19-­pandemie nie.

Die NAB het gesê wat akkerbou betref sal Namibiese produsente in dié tydperk genoeg mahangu vir plaaslike vraag kan produseer, terwyl daar 'n baie klein hoeveelheid wit mielies ingevoer moet word om aan dié vraag te voldoen. Planne om genoeg koring, groente en vrugte vir Namibiërs in te voer, is ook reeds beraam.

Die Akkerbouraad sê wat vars groente en vrugte betref, is die verwagte vraag 48 580 ton oor die volgende ses maande. Namibiese produsente sal na verwagting 22 042 ton self produseer en die tekort sal hoofsaaklik van Suid-Afrika ingevoer word.



DRUIWE- EN DADELUITVOERE

Namibië produseer baie min vrugte plaas­lik. In die 2018-'19-boekjaar is net 794 ton vrugte plaaslik aangekoop, terwyl 23 175 ton ingevoer moes word. Druiwe- en dadeluitvoere was egter 31 675 ton.

In die 2018-'19-boekjaar is ook alte­saam 209,6 miljoen ton groente ingevoer, terwyl daar plaaslik 10,1 miljoen ton opgekoop en 669,1 ton uitgevoer is.

Die NAB het voorheen gesê Namibië produseer self tot 98% van al die kool wat plaaslik verbruik word, asook 91% van die botterskorsies en 82% van die wortels en Engelse komkommers.

Daar bestaan egter 'n behoefte om méér aartappels en blaarslaai plaaslik te produ­seer omdat ons tans tot 75% en 59% onderskeidelik moet invoer.

Die NAB se grensbeheerinspektoraat reguleer die beweging van akkerbou- en tuinbouprodukte by grensposte.

Die doel is eerstens om plaaslike bemarkingskemas vir akkerbou en tuinbou toe te pas deur die grense vir invoere oop te stel of te sluit.

Tweedens is dit om plaaslike, asook internasionale verbruikers teen ­produkte te beskerm wat nie van goeie gehalte is nie en risiko's vir voedselveiligheid inhou. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!