Koste van skoolklere knyp

Koop slim

08 January 2019 | Onderwys
Yochanaan Coetzee - Ouers landwyd is van verlede week af in 'n stryd gewikkel om nie net vir hul kinders plek in skole te kry nie, maar ook van skoolklere te voorsien.

Beskikbaarheid van skooluniforms is ’n groot kwessie en daarbewens neem die koste daarvan alte dikwels ’n reusehap uit ouers se beursie.

“Dit kan baie druk op ’n ouer sit, veral as jy nie goed beplan het nie,” het me. Sandra Haihumbi, 'n ouer, verlede week tydens 'n besoek aan 'n verskaffer gesê.

“'n Ander kwessie wat ouers moet dophou, is die langtermynkoste van laegehalte-skoolklere. Soms raak dit duurder omdat jy iets gereeld moet vervang.”

Koste van gehalte

Republikein het by van Windhoek se vernaamste skoolklereverskaffers navraag gedoen oor die koste om ’n graad 1-leerling van kop tot toon uit te rus.

Gespesialiseerde verskaffers soos Boundary Wholesalers is bekend vir hul gehalteprodukte, maar dit is nie waar dat hulle in alle opsigte duurder as ander verskaffers is, sê die bestuur.

“Ons fokus is definitief op gehalte en nie generiese, ingevoerde produkte nie omdat ons glo dit die kind en die ouer meer gaan baat. Dit beteken nié dat ons noodwendig duurder as ander verskaffers is nie. Op sommige vlakke is ons selfs goedkoper, en met dié gehalte kan jy op lang termyn eintlik meer bespaar,” het ’n bestuurslid, bekend as oom Mohammed, gesê.

“Dit is waarom ons nie ’n vaste prys op ’n item kan plaas nie; ons laat maak dit volgens die skool se spesifikasies en dan hang alles van die gewig en gehalte van die materiaal af, en hoeveel gebruik is vir elke grootte,” sê hy.

By ander groot verskaffers wat vir elke prysklas sorg - Pep Stores, Ackermans en Woolworths - was die prysverskil groot, maar so ook die teikenmark en gehalte.

In die meegaande tabel word die kostes uiteengesit van basiese items wat ’n graad 1-leerling benodig.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

19 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

19 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

19 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

19 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

19 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

19 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...