Kospryse gaan in 2019 skerper styg
Kospryse gaan in 2019 skerper styg

Kospryse gaan in 2019 skerper styg

’n Investec-ekonoom waarsku graanpryse in die landbou styg tans in dubbelsyfers.
Hanlie Stadler – Hoewel brood, mieliemeel en ander graanprodukte steeds goedkoper is as ’n jaar gelede, moet verbruikers hulle maar daarop voorberei dat dié stapelvoedsels in 2019 weer duurder gaan word.

Die oorhoofse inflasiekoers vir Oktober van 5,1% was effens laer as wat die meeste ontleders verwag het, naamlik 5,2%, maar was die hoogste sedert Julie, het Statistieke Suid-Afrika Woensdag bekend gemaak.

Die Investec-ekonoom Kamilla Kaplan waarsku dat graanpryse in die landbou tans in dubbelsyfers styg, waaronder ’n styging van 20% in mieliepryse. Sy skryf dit daaraan toe dat “die moontlikheid van ’n matige El Niño ingereken word”.

Volgens die landbousakekamer Agbiz kan dié weerverskynsel droër weer van einde Januarie tot Maart meebring. “Dit is ’n kritieke tydperk vir die meeste graan . . . omdat dit met bestuiwing saamval, wat vog vereis.”

Kosprysstygings het in Oktober effens verlangsaam, van ’n jaarstyging van 3,9% tot ’n jaarstyging van 3,4%.

Die kategorieë brood en graan (-0,6%), vrugte (-4,9%) en lekkers en poedings (-1%) is alles goedkoper as ’n jaar gelede.

Koeldrankpryse het die skerpste gestyg en is nou 10,6% hoër as ’n jaar gelede. Groente is 9% duurder.

Die prys van melk, kaas en eiers is net 4,2% hoër, deels danksy die feit dat veevoer nog goedkoper is. Veevoerpryse hou egter ook verband met die prys van graan, maan Kaplan.

Mamello Matikinca, hoofekonoom van FNB, sê hoewel sy verwag dat kosprysinflasie in bedwang gaan bly vir die res van die jaar en in die eerste helfte van 2019, “wys ons voorspellings op ’n styging in kosprysinflasie in die tweede helfte van 2019”.

Dennis Dykes en Johannes Khosa, Nedbank-ekonome, sê oorhoofse inflasie gaan ook in 2019 styg, grootliks weens die wisselvallige rand en die verwagte skerp stygings in kragtariewe volgende jaar. Eskom het by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aansoek gedoen dat sy tariewe volgende jaar met 15% styg; die beslissing word in Maart verwag. Dit is benewens ’n styging van 4,4% wat reeds goedgekeur is op grond van sy aansuiweringsaansoek.

“Ons glo egter nie dat inflasie oor die volgende twee jaar tot bo die Reserwebank se boonste teikenband sal styg nie, op voorwaarde dat daar geen groot plaaslike of internasionale verrassings met groot negatiewe gevolge vir die rand kom nie.”

Kerninflasie het onveranderd op 4,2% gebly, teenoor die Reserwebank se September-verwagting dat kerninflasie in die laaste kwartaal van die jaar gemiddeld 4,8% sal beloop.

“Die onlangse daling in oliepryse en die verbetering van die rand-dollar-wisselkoers kan meebring dat die Reserwebank sy korttermyn-inflasieverwagting verlaag. Hoewel ons meen die repokoers gaan met 0,25 persentasiepunt verhoog word, kan die gunstige onderliggende inflasie die styging uitstel,” sê Matikinca. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%