Koëspan brul hard vir 35ste jaar

Veldrenne

12 July 2019 | Sport
Tielman van Lill - Die jaarlikse Koëspan-veldren is die afgelope naweek in die suide van Namibië tussen die Kalahari-duine met 'n reuse-sukses onder die vaandel van die Namibiese Motorsportfede­rasie (NMSF) vir kwads, verskillende motorfiets­afdelings en karre gehou.

Rickus Vermeulen wat aan die stuur van sake gestaan het, sê die byeenkoms het 46 inskrywings vir die amptelike ren vanuit Suid-Afrika en Namibië ontvang. Ses spesiaal geboude voertuie, drie Sandmasters en ses 4x4-bakkies het vir die motorklas ingeskryf.

Die motorfietsryers kon in die junior (6 deelnemers), 500 cc- (12), 250 cc- (vier) en kwadsafdeling (ses), asook die kategorie vir padwaardige veeldoelige sportmotorfietse (drie) inskryf.

Die groot uitdaging wat gewoonlik op die Vrydag afgehandel word, het in die verlede uit drie rondtes van 40 kilometer bestaan. Die trajek is reeds vir 'n paar jaar in gebruik en welbekend onder die gereelde deelnemers, wat enige besoeker vir die eerste keer beslis sou benadeel het.

'n Plan moes gemaak word en vanjaar het die organiseerders besluit om die speelveld vir almal meer gelyk te maak. 'n Nuwe pad van 66 km is dus uitgelê wat volgens die “rally raid”-beginsel gejaag moes word. Die juniors in die motorfietsafdeling moes net twee rondtes van 12 km aandurf.

Toe die stof ná Vrydag se aksie gaan lê het, kon deelnemers en toeskouers rustig kuier en die prysuitdeling is afgehandel.

Saterdag was natuurlik die dag waarop die manne mekaar met talle uitdagings op sosiale vlak die stryd aangesê het en 'n heerlike naweek kon afgesluit word nadat die enjins stil geword het.

Met die sosiale kompetisie van Saterdag kon manne jarelange vriend­skappe voortsit, terwyl onderlinge mededinging in die kwartmyl-sleepren op die pan, duinklim en miniveldren tot die uiterste geneem is.

Vermeulen sê die kompetisie is moont­lik gemaak deur Total Namibië, FNB Mariental, Mariental Toyota en CH Civils wat die hoofborge was.

“Die naweek was 'n ongelooflike sukses. Nadat ons aanvanklik getwyfel het hoe die bywoning weens die huidige finansiële knyptang gaan wees, was hier verskriklik baie mense wat deelgeneem en kom kuier het. Saterdag alleen is duisend mense deur die hekke.

“Ek was nog nie by vrees­lik baie van die ander veldrenbyeenkomste in Namibië nie, maar wat ek van die ander ouens hoor wat hier was en wat weet, hap-hap ons beslis aan die voorreg om onsself as die grootste veldrenbyeenkoms in die land te sien.

“Ons bedank elke deelnemer, toeskouer, mense wat gehelp het, die organiseerders en dan natuurlik ons borge Total, Toyota, FNB en CH Civils wat die naweek moontlik gemaak het,” het Vermeulen aan die koerant gesê.

Die voorste uitslae:



MOTORFIETSE (3x66 km).

250 cc: 1 Dirk Hohmeier, 2 William Smith, 3 Cilliers Marais, 4 Emil Duvenhage.

500 cc: 1 Martin Louwrens, 2 Wayne Schablinsky, 3 Heinz Ernie, 4 Ruan de Lange, 5 Bruno Kircher.

Kwads: 1 Clive Crouse, 2 Hanno Moller, 3 Thomas Potgieter, 4 Pieter Rossouw.

Veeldoelige sportmotorfietse: 1 Dirk Trümer, 2 Werner Schulz.

Juniors (2x12 km): 1 André Barnard, 2 Leehan van der Walt, 3 Marco Conradie, 4 Albert Kriel.



KARRE (3x66 km)

Doelgeboude veldvoertuie: 1 Tinus Cloete, 2 Harry Moths, 3 Danie Retief, 4 Piet Retief. Sandmasters: Geen deelnemer kon die strawwe roete voltooi nie.

4x4-voertuie: 1 Johan Engels, 2 Dawid de Bruyn, 3 Bonzai Combrinck, 4 Jan Liebenberg.

Soortgelyk

 

Skoolmeisies in 'leeuhokke’

7 ure gelede | Onderwys

Ileni Nandjato - Die regering fokus tans op droogteverligting en sal nie die volle implementering van die hersiene onderwyskurrikulum wat die konstruksie en uitbreiding van...

Twee karkasse in Etosha ontdek

7 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Twee karkasse van swartrenosters is oor die naweek in die weste­like deel van die Etosha ­Nasionale Park ontdek.Mnr. Colgar Sikopo, die direkteur...

Meatco het nie Brexit-angs

7 ure gelede | Internasionaal

Ronelle RademeyerMet mnr. Boris Johnson se oorwinning gister oor mnr. Jeremy Hunt as leier van Brittanje se Konserwatiewe Party en die Britse premierskap, is die...

Etosha se paaie geskraap

7 ure gelede | Infrastruktuur

Tanja Bause - Die private inisiatief om die netwerk paaie in die Etosha Nasionale Park te skraap, het gister afgeskop. Die projek is deur mnr....

Weer vir 24 Julie 2019

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige toestande en reën word vanaand in die Suide verwag. Buie en koue toestande word môre in die ||Kharasstreek verwag. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk...

WAP-leerling reik na Nasa-sterre

7 ure gelede | Tegnologie

Mariselle Stofberg - ’n Namibiese tiener vlieg Namibië se vlag tans hoog by die United Space School (USS) in Amerika.Christo Boshoff, ’n graad 11-leerling aan...

Nóg kans vir voorvaderlike grondregte

7 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Skriftelike insette oor voorvaderlike grondregte kan nog tot 9 Augustus 2019 ingedien word. Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Engel...

MIV/vigs: 4 uit 5 ken hul status

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Beduidende vooruitgang is in oostelike en suidelike Afrika op die gebied van die uitwissing van MIV/vigs gemaak. Dié streke is die tuiste...

Namibiese media onder die loep

7 ure gelede | Afrika

Augetto Graig - Die African Media Barometer se Namibië 2018-verslag, wat toon hoe die plaaslike media verlede jaar presteer het, is pas bekend gemaak. Volgens...