'Koshuisvader' van verkragting beskuldig
'Koshuisvader' van verkragting beskuldig

'Koshuisvader' van verkragting beskuldig

Slagoffers onder 16 jaar oud
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – ’n Voormalige skoonmaker by ’n skool op Otjiwarongo het verlede week sy eerste hofverskyning gemaak in verband met die verkragting van 10 seuns.

Mnr. Mervin Nguyapeua (48), wat 32 klagte van verkragting in die gesig staar wat verband hou met die seksuele mishandeling van 10 seuns oor ’n tydperk van drie jaar, het Donderdag vir ’n voorverhoorkonferensie in die hoërhof in Windhoek verskyn.

Regter Christie Liebenberg het die saak tot 23 November uitgestel vir nóg ’n voorverhoorkonferensie om hom die geleentheid te gee om regsverteenwoordiging te kry.

Volgens die klagstaat is Nguyapeua, wat as skoonmaker in diens van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur by die Laerskool Karundu op Otjiwarongo was, deur leerlinge as ’n "koshuisvader" beskou.

Die staat beweer Nguyapeua het 10 seuns gedurende sy verblyf by die koshuis verkrag.

Die voorvalle het glo in 2013 begin toe die beskuldigde glo ’n 14-jarige seun verkrag het. Hy het koshuisseuns glo ook tussen 2014 en Februarie 2016 seksueel aangeval.

Die staat beweer die laaste verkragting van ’n seun het op 29 Februarie 2016 plaasgevind. Nguyapeua is op 30 Februarie 2016 in hegtenis geneem.

Dié seun was 13 jaar oud ten tyde van die voorval en is glo ook in Mei 2015 deur Nguyapeua verkrag.

Volgens die klagstaat was nege van die seuns wat na bewering deur Nguyapeua verkrag is, jonger as 16 ten tyde van die misdade.

Twee van die seuns was 13, ses was 14 en een was 15 jaar joud.

Nguyapeua is sedert sy inhegtenisname in aanhouding.

Mnr. Palmer Kumalo tree namens die staat op.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!