Koshuise midde pandemie oorvol
Koshuise midde pandemie oorvol

Koshuise midde pandemie oorvol

Ten spyte van Covid-19-protokol om sosiale afstand tussen leerlinge te verseker, is daar steeds ’n aantal skole in die Otjozondjupastreek met oorvol koshuise.
Ester Kamati
Ester Kamati – ’n Groep ouers het eerder hul kinders terug huis toe geneem, as om hulle saam met ’n groot groep in ’n enkele kamer in koshuise in die sentrale noordelike streek te laat bly.

Volgens die raadslid van die Omatako-kiesafdeling, mnr. Israel Hukura, het ouers wat nie tevrede met die oorvol skool- en koshuisomgewing was nie, eerder verkies om die leerlinge terug huis toe te vat.

Me. Josephine Mutenda, direkteur van onderwys in die Otjozondjupastreek, sê die koshuise het ’n groot gebrek aan sosiale afstand omdat beperkte ruimte beskikbaar is.

Volgens Mutenda het amptenare van die ministerie alle koshuise in die streek besoek en skoolhoofde aangeraai om leerlinge wat nie te ver van die skool af woon nie, eerder van die huis af te laat skoolgaan. Dit sal volgens haar oorbevolking in koshuise verminder.

“Ons probeer leerlinge huis toe stuur wat binne die gemeenskap bly, sodat ons die kan huisves wat ver van die gemeenskap bly,” het sy gesê.

Ouers dring dikwels daarop aan dat hul kinders in die koshuis gehuisves word, maar volgens Mutenda moet voorkeur eerder gegee word aan leerlinge wat ver van skole woon.

In ’n poging om leerlinge in koshuise te huisves terwyl sosiale afstand gehandhaaf word, word volgens Mutenda oorweging geskenk aan die gebruik van stapelbeddens.

“Ons het reeds beddens gekoop, dit is by ons,” het sy gesê en verduidelik die ministerie is in die proses om die stapelbeddens na skole en koshuise te versprei.

Sy het beklemtoon skole behoort steeds die basiese protokol van die dra van maskers, hande te was en ’n meter afstand tussen leerlinge te handhaaf.

“Dit geld of hulle in die koshuis of tuis is.”

Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in skole in die streek staan tans op 13; wat vyf leerlinge en vyf onderwysers, sowel as drie personeellede van die streekkantoor insluit.

Volgens Mutenda is dié gevalle nie ernstig nie en is hulle in isolasie en in goeie gesondheid. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!