Kosbare kameras verdwyn voor regter se oë
Regter en gesin beroof
Anneli Erasmus - ’n Beloning van N$10 000 is ’n laaste desperate poging van ’n Duitse toeris om sy kamerasak met kameratoerusting ter waarde van N$75 000 op te spoor voordat hy en sy gesin na Duitsland terugkeer.
Dr. Stephan Weber, sy vrou, Angela, en hul tweeling, Lucia en Leopold, het skaars in Namibië geland, toe drie kameras, vyf lense en ’n kameraflits in ’n swart sak uit hul gehuurde motor voor ’n kettingwinkel op Okahandja gesteel is.
’n Baie emosionele dr. Weber, wat ’n dienende regter van beroep is, het aanRepublikein vertel van die ongelukkige 13 Augustus toe die gesin ’n paar noodsaaklikhede by die winkel wou koop. Hy het die voertuig gesluit en voor die winkel se ingang gestaan om ’n oog te hou. ’n Sekuriteitswag was ook in die omgewing. Hy het ’n rooi motor opgemerk wat voor die bestuurderskant van sy bakkie geparkeer het, maar binne ’n oogwink weg was.
Dit was eers nadat die gesin terug in die voertuig was en hulle wou ry, dat hy besef het sy sak met al sy kameras is gesteel.
Die vermoede bestaan dat die diewe oor ’n elektroniese apparaat beskik het om die bakkie se deure oop te sluit. Nie hy of die sekuriteitswag het die diefstal gesien of onraad bemerk nie.
Dr. Weber het ’n saak by die polisie aangemeld wat tot dusver onsuksesvol was om die toerusting terug te vind. Weber se enigste hoop nou is dat ’n beloning iemand sal aanspoor om die kameratoerusting terug te besorg.
Dit is veral die nuutste vaandeldraer van Nikon, die Nikon D7100 wat skaars agt maande op die mark is, wat hy graag sal wil terughê. Die ander twee kameras is ’n Nikon D500 en ’n Nikon Coolpix. Ook in die kamerasak was vyf lense - ’n Cameron 150 - 600 mm, ’n Sigmar 70 - 200 mm, ’n Nikon 16 - 85 mm, ’n Sigmar 35 mm en ’n Tokina 11 - 16 mm asook ’n eksterne kameraflits.
Dr. Weber vra dat enigiemand wat oor inligting oor die kameras beskik, met die polisie op Okahandja in verbinding moet tree, of alternatiewelik met Safari Car Hire in Windhoek by 081 126 4608 of ’n Suid-Afrikaanse nommer, 0027 82 342 9799. Dr. Weber kan geskakel word by 0049 171 216 7518.
Dit was die Weber-gesin se sesde besoek aan Namibië en ondanks die nare ondervinding sal hulle weer kom kuier. Die gesin vertrek Sondag terug na Duitsland.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie