Kos en klere vir Ombili-gesinne
Vir drie behoeftige gesinne van Otjiwarongo se Ombili- informele nedersetting was daar Saterdag ’n effense goue randjie agter armoede se donker wolk.
Die Omake-liefdadigheidsorganisasie het kos en tweedehandse klere aan dié gesinne geskenk.
Me. Libetwa Kachele, die organisasie se ondervoorsitter, het items soos mieliemeel, koekmeel, kookolie, brood, vis, klere, skoene en matrasse oorhandig aan die huishoudings wat verlede week geïdentifiseer is.
Mee. Lydia Nghidengwa en Wilma Kosmos, ook lede van die organisasie, het haar bygestaan.
Kachele het gesê die goedere is meer as N$500 werd en is aangeskaf met geld wat deur spinasie- en beetverkope ingewin is.
Dié groente kom uit die organisasie se groentetuin by een van die lede se huise.
“Ons is trots daarop om dié werk te kan doen en is vasberade om behoeftige mense te help sonder om enigiets in ruil daarvoor te vra,” sê sy.
Me. Elizabeth Kamati (46), ’n enkelma en een van die begunstigdes, sê sy en haar ses kinders beleef moeilike tye omdat sy werkloos is.
Sy het die organisasie vir die broodnodige items bedank.
Nog ’n begunstigde, me. Elizabeth Kudumo (53), sê haar huis is oorvol, met vyf kinders en sewe kleinkinders.
“As enkelma is dit nie vir my maklik nie. Julle het ons regtig van honger, dors en die naderende koue gered,” het sy gesê.
Mnr. Paul Masamba, wat ook kos en klere ontvang het, het gesê sy familie bestuur ’n kleuterskool van sy huis in Ombili af, waar hulle vir 65 wees- en weerlose kinders sorg.
Hy sê die kinders sal baie by dié gebaar baat.
Die Omake-liefdadigheidsorganisasie is op 31 Augustus 2017 op Otjiwarongo op die been gebring om werklose jeug, pensioenarisse en skoolkinders te help, wat onder meer kos, skooluniforms, komberse en sanitêre doekies nodig het. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie