Kortnuus
Opuwo
Peuter doodgery
'n Peuter van een jaar en drie maande is Woensdag omstreeks 16:35 oorkant die Agra-vulstasie op Opuwo per ongeluk dood gery. Die peuter het glo onder 'n bakkie ingekruip nadat die bestuurder daarvan dit geparkeer het. Toe die bestuurder, 'n 48-jarige man, by die bakkie terugkom, het hy dit aangeskakel en oor die peuter gery. Die peuter het op die toneel gesterf. Die ma van die peuter was ook op die toneel.
Rehoboth
Vermeende verkragter betrap
'n Dertienjarige meisie is Sondag omstreeks middernag glo deur 'n Namibiese man verkrag. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die verdagte op heterdaad betrap. Hy is in hegtenis geneem.
Kahenge
Poging tot verkragting
'n Vyftienjarige seun het Dinsdag by die Marema-nedersetting naby Kahenge in die Kavango-Wesstreek glo 'n 14-jarige meisie probeer verkrag. Hy het haar glo in die bosse ingesleep en haar romp uitgetrek. Hy is nie in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Omhedi
Pensioenaris met sy panga aangeval
'n Pensioenaris, mnr. Johannes Heelu, is Dinsdag glo by die Omhedi-nedersetting in die Ohangwenastreek met sy eie panga aangeval. Hy is ernstig aan sy arms beseer. Hy is van N$780 beroof, maar dit is gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Keetmanshoop
/Ai-/Ais se geld gesteel
Tydens 'n inbraak Dinsdag by die bestuurder van die sekuriteitsmaatskappy Namibia Protection Service Security se kantoor op Keetmanshoop is glo N$220 000 in kontant gesteel. Daar is na bewering by die kantoor se venster ingebreek. "Die kontant is glo op 4 Augustus van die Namibia Wildlife Resorts (NWR) se /Ai-Ais-oord af gebring om in die bank in te betaal, maar dit is nie gedoen nie," sê die polisie. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie