Kortnuus
Kortnuus

Kortnuus

NAMPA
Vier vas vir veediefstal

Rehoboth

Die Namibiese polisie op Rehoboth het vier mans in twee afsonderlike gevalle van veediefstal in hegtenis geneem.

Volgens Nampol se waarnemende koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, hoofinsp. Simon Hauwanga, is drie verdagtes op Bahnhof, sowat 15 km buite die dorp, vasgetrek ná hulle glo 16 skape op Farm Vogelspan in die Rehoboth-distrik gesteel het. Twee verdagtes is ook agter tralies nadat hulle na bewering ’n koei op die plaas Sebras geslag het en die karkas wou verkwansel het.

In ’n onverwante voorval is vier mans op Maltahöhe in hegtenis geneem nadat hulle twee gemsbokke op die plaas Kronenhof-Wes 154 glo sonder die nodige permit gejag het. - Nampa

N$20 000 se dwelms gekonfiskeer

Mariental

’n Man is Vrydagaand by die Mariental-padblokkade in hegtenis geneem nadat hy met dwelms betrap is. Hy het na wat verneem word dagga en Mandrax met ’n straatwaarde van sowat N$20 000 in sy besit gehad. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!