Kortnuus
Kortnuus

Kortnuus

NAMPA
Nuwe koshuisgeriewe vir laerskool

Fransfontein

Die Namibiese Gemeenskapstrust (NCT) het nuwe koshuisgeriewe aan die Laerskool Frans Frederick op Fransfontein in die Kunenestreek oorhandig. Die skool is in 1964 deur die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (ELCRN) gebou. Dié drie nuwe geriewe sal nou 100 leerlinge kan huisves. – Nampa

Moedersunie ruk op teen geweld

Outapi

Sowat 500 lede van die Moedersunie van die Anglikaanse Kerk Namibië se bisdom het ‘n vreedsame optog teen geslagsgeweld op Outapi gehou. Me. Vistorina Nakuatumba het ‘n beroep op vroue gedoen om as rolmodelle in die stryd teen geweld op te tree. - Nampa

Rantsoenering van water strem ontwikkeling

Okakarara

‘n Ooreenkoms tussen die Okakarara-dorpsraad en NamWater om water te rantsoeneer, raak ontwikkeling op die dorp. Die afgelope twee maande het inwoners net twee keer per dag water gehad. Die ooreenkoms is om die dorpsraad te help om meer as N$3,5 miljoen se skuld aan NamWater af te betaal en verdere verhogings hok te slaan. - Nampa

Gesondheidsorg in ‘apartheid’ vasgevang

Ongwediva

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, sê die huidige verhouding tussen beamptes van die openbare en private gesondheidsektor getuig van apartheid en diskriminasie. Volgens Haufiku is dit een van die redes waarom die land se gesondheidsorg “onnodige uitdagings” ervaar. Hy het voorts gesê baie beleidsrigtings bestaan, maar die probleem is “huiweriges in die regering” wat te bang is om “dapper besluite” te neem. – Namibian Sun

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!