Kortnuus 12 Julie 2021

12 July 2021 | Plaaslik
Otjiwarongo

Boere betoog teen uitsetting

Uitsettingskennisgewings is verlede week aan meer as 40 kleinboere oorhandig wat volgens die munisipaliteit van Otjiwarongo onwettig hul vee op sy dorpsgronde laat wei.

Van die boere het Donderdag teen die besluit betoog.

Van hulle is pensioenarisse en verwerp die dorpsraad se besluit in Junie. Sommige sê hulle gebruik al amper ‘n dekade die grond, sowat sewe kilometer buite die dorp.

Me. Frieda Mokotjomelo het die klaers se petisie ontvang, maar benadruk dat die raad nie sy besluit gaan heroorweeg nie. Die grond is volgens haar geoormerk vir ontwikkeling. - Nampa

Swakopmund

Skoonheid sê jeug moet positief bly

Die jeug moet hulself met opbouende aktiwiteite besig hou wat hul geestesgesondheid tydens die Covid-19-sal verseker.

Die boodskap het Vrydag van Mej. Namibië, Chelsi Shikongo, gekom toe sy ‘n skenking van N$25 000 van die Navachab-goudmyn ontvang het.

Die myn het dieselfde bedrag aan bokser Jonas Junias bewillig.

Shikongo het mense aangemoed om hulself teen die virus te immuniseer. Sy is reeds ingeënt.

Die bystand is verleen vir die twee se verteenwoordiging van die land by die Mej. Heelal-kompetisie en die Olimpiese Spele. - Nampa

Soortgelyk

 

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

18 minute gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

1 uur gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

1 uur gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

2 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Creativity and mental health: Where do we overstep

13 ure gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

13 ure gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

13 ure gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...

Etosha se brand geblus

13 ure gelede |

Tanja Bause – Die veldbrand wat sedert Maandag in Etosha gewoed het, is eindelik gister onder beheer gekry. Volgens die woordvoerder van die ministerie van...

Professionele jagters se bewaringswerk

13 ure gelede | Toerisme

Emmanuel Koro, Johannesburg – Ná die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op die Namibiese jag- en fotosafari-bedryf, het jagsyfers vanjaar ietwat verbeter. Terwyl sowat 5...