Kortlys vir boekpryse bekend

17 May 2019 | Kuns en vermaak
Media24-boeke het onlangs die kortlyste vir vanjaar se Media24-boekpryse aangekondig.

Dié pryse word in ses kategorieë toegeken en altesaam R210 000 is op die spel.

Die boekpryse gee jaarliks erkenning aan die beste boeke wat uitgewers in die Media 24-groep in die voorafgaande jaar gepubliseer het.

Dit sluit NB-Uitgewers, met drukname soos Human & Rousseau, Tafelberg, Kwela Boeke en

Queillerie, sowel as Jonathan Ball Publishers in.

Onafhanklike keurpanele het die kortlyste saamgestel uit 80 titels wat voorgelê is.

Die kortlyste bestaan uit drie titels elk, behalwe vir die Elisabeth Eybers-prys, waar twee bundels vanjaar in aanmerking kom.

Die kortlyste is soos volg:

W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie (romans, kortverhale, drama)

Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G. du Plessis (Tafelberg)

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach (Human & Rousseau)

Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie (romans, kortverhale, drama)

The Ones with Purpose deur Nozizwe Cynthia Jele (Kwela Boeke)

Soweto, Under the Apricot Tree deur Niq Mhlongo (Kwela Boeke)

The Hum of the Sun deur Kirsten Miller (Kwela Boeke)

Recht Malan-prys vir niefiksie

The Last Words of Rowan du Preez deur Simone Haysom (Jonathan Ball Publishers)

Steinheist deur Rob Rose (Tafelberg)

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal (Kwela Boeke)

Elisabeth Eybersprys vir digbundels

The History of Intimacy deur Gabeba Baderoon (Kwela Boeke)

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal (Tafelberg)

M.E.R.-prys vir jeugverhale

The Reject deur Edyth Bulbring (Tafelberg)

Kraak deur Rouxnette Meiring (Tafelberg)

Mine deur Sally Partridge (Human & Rousseau)

M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke

Stories vir pikkies en peuters deur Gertie Smit, geïllustreer deur Samantha van Riet, Tumi K.

Steyn, Tasia Rosser en Melany Pietersen (Tafelberg)

Bennie Boekwurm se mooiste sprokies deur Louise Smit, geïllustreer deur Johann Strauss

(Human & Rousseau)

Die legendariese Lua Verwey deur Dihanna Taute, geïllustreer deur Theodore Key (Human &

Rousseau)

Die wenner in elke kategorie ontvang R35 000.

By die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke word die prysgeld tussen die skrywer en illustreerder(s) verdeel.

Die toekenningsgeleentheid vind 13 Junie in Kaapstad plaas.

Soortgelyk

 

Katrina bedank

3 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Katrina Hanse-Himarwa het pas as minister van onderwys, kuns en kultuur bedank.Dít kom nadat sy gister in die hoërhof in Windhoek aan...

Saturnus kom vanaand náby

6 ure gelede | Omgewing

Vanaand is die beste tyd om na die planeet Saturnus te kyk omdat dit op sy helderste en grootste vir vanjaar sal vertoon. Vir...

Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof

19 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina...

Katrina se toekoms duister

19 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Teen gistermiddag was pres. Hage Geingob nog stil oor een van sy kabinetsministers wat aan korrupsie skuldig bevind is.Katrina Hanse-Himarwa, die minister...

Jessné struts her stuff

19 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Even though Jessné Swart is only in grade 5, she has already made a name for herself in the modelling industry. Her love...

Weer vir 9 Julie 2019

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kus vir die res van die week heers, asook stofstorms op plekke.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins mooi weer en warm tot...

Eenjarige brand in sinkhuis dood

19 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het...

Bekentenis was glo vrywillig

19 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van...

Dragtige ietermagô uit drom gered

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare...