Kort nuus uit misdaadverslag
Kort nuus uit misdaadverslag

Kort nuus uit misdaadverslag

Kristien Kruger
Een persoon is die naweek dood toe sy eksmeisie hom na bewering met ’n mes gesteek het en ’n groep mans het Saterdag ’n man, wat hulle van heksery verdink, glo met klippe en stokke aangerand.

Die voormalige meisie van ’n 30-jarige man het hom Vrydag omstreeks 18:30 in die Omatati-kroeg in Okahandjapark met ’n mes doodgesteek.

“Die insident het gebeur nadat ’n rusie oor die vrou se huidige kêrel ontstaan het. Haar huidige kêrel het ’n mes vir die vrou gegee om die man mee te steek,” luidens die verslag. Die vrou en haar kêrel is tans in aanhouding.

Agt Namibiese mans het na bewering ’n 61-jarige man in die Otjakati Tjovahimba- informele nedersetting aangerand omdat hulle hom van heksery verdink het.

Die mans het hom glo met klippe en stokke op sy kop, rug en bene geslaan. Al die verdagtes is in hegtenis geneem.

’n Vrou het Sondagaand na bewering ’n negentienjarige Angolese vrou met ’n panga in die Ekolola-informele nedersetting aangeval. Die vrouens het volgens die misdaadverslag oor ’n man baklei. Die slagoffer het glo ’n diep wond in haar gesig, maar het die aanval oorleef.

VYFTIENJARIGE VERKRAG VYFJARIGE

’n Vyftienjarige seun het na bewering ’n vyfjarige meisie in haar ouma se huis in die Oshilunga-informele nedersetting in die Omuntele-omgewing verkrag.

“Die meisie se ouma het haar saam met ’n broer of suster by die huis gelos. Die verdagte het by die huis ingegaan en die meisie in haar kamer gekry, haar klere uitgetrek en verkrag,” luidens die verslag. Die seun, wat glo een van die bure se kinders is, is in hegtenis geneem.

’n Tiener is ook die afgelope naweek in die Damara- informele nedersetting in Katutura glo met ’n mes gedreig en toe verkrag. Die voorval het na bewering in die verdagte se huis plaasgevind. Hy is nog op vrye voet.

JONG SEUN NEEM EIE LEWE

Drie mense het hulself Vrydag en Saterdag opgehang, waarvan die jongste slegs 15 jaar oud was.

In ’n tragiese insident die afgelope naweek het ’n 15-jarige seun homself met ’n gordel aan ’n boom by die Dagbreek Post 1 naby Khorixas opgehang. Sy broer het op sy liggaam afgekom.

’n Namibiese soldaat by die Grootfontein-weermagbasis het Saterdag selfdood gepleeg. Gemeenskaplede het sy liggaam glo aan ’n boom in die Ondjondjo- informele nedersetting in die Oshanastreek sien hang en die polisie in kennis gestel.

Nog ’n persoon het Vrydag na bewering homself aan ’n boom by die Katenture- informele nedersetting in die Kavango-Oosstreek opgehang.

GEWAPENDE ROOFTOG IN OTJOMUISE

’n Man is Vrydagaand in Strausburgstraat in Otjomuise met ’n geweer en mes gedreig en is van sy voertuig, selfoon en kontant beroof. Volgens die verslag is die waarde van die items sowat N$62 700.

“Die items is nog nie opgespoor nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” luidens die verslag.

Vrydag het ’n 68-jarige man saam met sy werknemer na Bank Windhoek in die Okahandja-inkopiesentrum gegaan om sowat N$30 830 te deponeer. Hulle was besig om uit hul voertuig te klim toe drie mans glo na hulle gehardloop het, die sak met die geld gegryp en weggery het. Volgens die verslag is daar nog geen verdagtes geïdentifiseer nie.

Drie mans het Vrydagaand in ’n huis in die Okahenge- informele nedersetting in die Ondobe-kiesafdeling ingebreek en by die kamer van ’n 29-jarige vrou ingegaan. Hulle het haar glo om die nek gegryp, met messe gedreig en geld geëis.

Volgens die verslag het hulle geld uit die kluis gehaal, 12 Protex-sepe gesteel en twee selfone gebuit.

Die verdagtes het glo die vrou se onderklere uitgetrek en haar probeer verkrag. Een van die drie verdagtes is in hegtenis geneem en die ander is nog op vrye voet.

DWELMBESIT

Die polisie het die naweek dwelms met ’n gesamentlike waarde van meer as N$25 000 gevind en tien mense is in hegtenis geneem.

’n Beweerde dwelmsmous is Vrydag in die Hoachanas- informele nedersetting in hegtenis geneem nadat die polisie 262 eenhede bankies dagga (345 gram), 1 pakkie suiwer dagga (200 gram), ’n halwe Mandrax-tablet en twee kwart Mandrax-tablette in sy besit gevind het. Volgens die verslag het die dwelms ’n waarde van sowat N$19 370.

In dieselfde nedersetting is ’n 19-jarige man en ’n 45-jarige vrou in hegtenis geneem weens die besit van dwelms. Die polisie het in hul huis glo een Mandrax-tablet, twee halwe tablette en twaalf kwart tablette gevind.

Vyf mense is die afgelope naweek in Walvisbaai in hegtenis geneem weens die besit van dwelms. Drie mans, almal 22 jaar oud, is in Kovambo Nujomastraat met dagga ter waarde van N$300 gevind en twee ander mans, onderskeidelik 18 en 22, is voor die United Fishing Factory in hegtenis geneem weens die besit van 61 gram dagga ter waarde van N$3 050.

Een persoon is ook Vrydag op Hentiesbaai oorkant die Puma-vulstasie in hegtenis geneem weens die besit van 77 gram dagga ter waarde van sowat N$3 850.

Die afgelope naweek is ’n 21-jarige op Stampriet in hegtenis geneem weens die besit van ses bankies dagga. Die dwelms is glo tydens ’n polisiesoektog by ’n klein padblokkade voor die polisiekantoor gevind.

IETERMAGOVEL

Twee mans is Vrydag op Oshikango in die Ohangwenastreek tydens ’n polisiesoektog met een droë ietermagovel ter waarde van sowat N$50 000 vasgetrek.

Volgens die verslag is die verdagtes in hegtenis geneem en sou hulle vandag in die Ohangwena-landdroshof verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46%