Kort nuus - Internasionaal
Kort nuus - Internasionaal

Kort nuus - Internasionaal

Japan

400 000 moet dalk huise weens storm verlaat

Minstens 400 000 mense in Japan is aangemoedig om hul huise te ontruim nadat dit swaar in die weste van Japan gereën het, terwyl die tropiese storm Krosa dreig om vandeesweek toe te slaan.

Owerhede sê honderde vlugte en treine is reeds gekanselleer.

Krosa is tans onderweg na die kleinste hoofeiland, Sjikokoe, in Japan en sal dit teen Donderdagmiddag bereik.

Die owerhede het reeds gewaarsku dat daar swaar reën in sommige gebiede sal wees en voorspel meer as 1 000 mm reën kan binne 24 uur val.

Hulle het 446 000 mense aangemoedig om hul huise te verlaat, hoewel daar teen Donderdagoggend nog geen vloede was nie en net ’n handvol ligte beserings aangemeld is.

Josjihide Soega van die kabinet het op ’n nuuskonferensie egter gevra dat mense in hul huise moet bly.

Minstens 18 mense, insluitend ’n baba, is Woensdag vasgekeer nadat ’n rivier skielik gestyg het, terwyl hulle besig was om te braai. Niemand is beseer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!