Kort nuus - Afrika
Suid-Afrika
MeerKAT ingehuldig
Die MeerKAT-radioteleskoop is Vrydag op ’n deel van die SKA-terrein in die Noord-Kaap, sowat 90 km van Carnarvon, deur die Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza ingewy. Al 64 skottelantennas van dié radioteleskoop is voltooi en die eerste navorsing met die hele instrument is ook bekend gemaak. Die meeste skottelantennas is in die kern, maar die verste punte tussen twee is 8 km. MeerKAT genereer 275 gigagrepe se data per sekonde wat in werklike tyd gekorreleer kan word. Dit kom nadat die Internasionale SKA-organisasie die bod in Junie 2012 toegestaan het aan Suid-Afrika om die grootste deel van die SKA hier te bou. Voor dit het Suid-Afrika reeds die prototipe radioteleskoop KAT-7 voltooi om te wys dit kan gedoen word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie