Kort nuus
Katutura
Baba sterf in brand
'n Brand wat Sondag omstreeks 21:58 in Richard Tjirembastraat in die Herero-lokasie in Katutura uitgebreek het, het die lewe van 'n eenjarige baba geëis. Volgens die polisie se misdaadverslag het die slagoffer, Matjiua Kanguatjivi, weens derdegraadse brandwonde beswyk. 'n Driejarige kleuter kon uit die brandende huis ontsnap. “Die ouers van die kinders was nie tydens die brand tuis nie,” lui die misdaadverslag. Die huis en inhoud is heeltemal vernietig deur die brand waarvan die oorsaak onbekend is. Die polisieondersoek duur voort.
Wanaheda
Gesteelde voertuig teruggevind
'n Man (39) is Maandag omstreeks 03:30 in Okuryangava in Windhoek na bewering met 'n wapen aangehou en van sy voertuig en ander persoonlike besittings beroof. Volgens die misdaadverslag van die Namibiese polisie is die voertuig later gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
Klein Windhoek
Vier probeer glo OTM beroof
Vier mans het na bewering Maandag omstreeks 03:30 by FNB se outomatiese tellermasjien (OTM) in die Multichoice-gebou in Eros, Windhoek, 'n sekuriteitswag aan diens met pistole aangehou. “Hulle het glo by die OTM ingebreek en op die vlug geslaan toe hulle sekuriteitswagte op patrollie by naburige geboue gesien het,” lui die misdaadverslag. Geen geld is gesteel nie en niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek voort.
Opuwo
Man kritiek ná meswonde
'n Man (28) is Sondag in die Opuwo-staatshospitaal in 'n kritieke toestand met drie steekwonde in sy linkerbeen opgeneem. “Hy het beweer dat hy tydens 'n middernagtelike geveg by 'n kroeg met 'n mes in sy been gesteek is,” lui die misdaadverslag. Die verdagte is onbekend en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie