Kort nuus
Khorixas
Peuter verdrink in waterhouer
'n Tweejarige peuter, Wonder Hoeb, het Donderdagoggend in 'n 50 liter-plastiekhouer op die plaas Dinam naby Twyfelfontein verdrink. Dit word beweer dat die seuntjie se ouma in die kraal was en met haar terugkeer het sy sy liggaam in die waterhouer gevind.
Ohangwena
Pa maak glo dogter swanger
Volgens 'n 18-jarige meisie van die Onamukalo-nedersetting in die Ohangwenastreek het haar pa haar glo tussen Junie en Julie herhaaldelik snags verkrag en haar swanger gemaak. 'n Klag van verkragting is Donderdag by die polisie aanhangig gemaak. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Aranos
Meisie glo deur stiefpa verkrag
'n 18-jarige meisie is glo Woensdag by die Nuwerus-nedersetting deur haar stiefpa (54) verkrag. Dit word beweer dit was nie die eerste keer dat hy haar verkrag het nie. “Die verdagte het glo geld aan die slagoffer belowe,” lui die misdaadverslag. Die verdagte is in hegtenis geneem, maar later vrygelaat terwyl die polisie die saak verder ondersoek.
Tsumeb
Verkragting in aanhoudingselle
'n 18-jarige verhoorafwagtende seun is Dinsdag glo in die aanhoudingselle op Tsumeb deur 'n verhoorafwagtende 24-jarige man verkrag. Volgens die polisie was die slagoffer besig om te stort toe die voorval plaasgevind het.
Oshivanda
Verstandelik gestremde verkrag
Dinsdag is 'n 16-jarige verstandelik gestremde meisie glo deur 'n 22-jarige man in die Oshivanda Shanghatanga-nedersetting in die Omusatistreek verkrag. Haar ouers is in die staatshospitaal op Oshikuku opgeneem en het haar in die man se sorg gelaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie