Kort nuus

14 January 2019 | Internasionaal
Amerika
Sluiting van regering raak FBI negatief

Informante wat nie geld vir inligting kry nie en ’n groot opeenhoping van bewyse wat nie getoets kan word nie.

Dít is maar ’n paar van die probleme wat die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) tans in die gesig staar nadat pres. Donald Trump van Amerika die regering gedeeltelik gesluit het, berig CNN.

’n Groep wat huidige en voormalige FBI-agente verteenwoordig, het ’n beroep op Trump en die Amerikaanse kongres gedoen om die departement van justisie te finansier, berig The Hill.

Dié groep sê die gedeeltelike sluiting van die regering raak nou ’n kwessie van nasionale veiligheid.

Thomas O’Connor, leier van die groep, sê minstens 5 000 van die FBI se 35 000 werkers is tydelik ontslaan, berig USA Today.

Die groep sê baie FBI-agente is nie op 11 Januarie 2019 betaal nie, maar hulle sal voortgaan om hul werk te doen omdat hulle die Amerikaanse volk moet beskerm. - Netwerk24

Kanada
Qanun kom aan in haar nuwe land

’n Tienermeisie van Saoedi-Arabië het in Toronto aangekom nadat Kanada haar as vlugteling aanvaar het.

Chrystia Freeland, minister van buitelandse sake, het Rahaf Mohammed al-Qanun op die lughawe verwelkom.

Qanun het wêreldwyd opslae gemaak nadat sy haarself in ’n hotelkamer in Bangkok, Thailand, toegesluit het om te keer dat sy na haar familie teruggestuur word. Die familie ontken dat hulle haar mishandel het.

Toe haar pa en broer in Bangkok aankom om haar te kom haal en terug te bring na haar land, het Qanun geweier om hulle te sien.

Qanun het Saterdag haar liefde vir haar nuwe land gewys toe sy op die Pearson-lughawe land met ’n baadjie aan waarop “Canada” in rooi gekryf was.

In haar laaste twiet voordat sy na Toronto vertrek het, het Qanun gesê: “ek het dit gedoen” en foto’s van die binnekant van die vliegtuig gedeel.

Freeland het aan verslaggewers op die lughawe gesê Qanun is “’n baie dapper Kanadees.”

“Rahaf wou hê Kanadese moet sien sy het by haar nuwe huis aangekom. Sy het egter ’n baie lang reis gehad en sal verkies om nie vandag vrae te beantwoord nie. Sy gaan nou na haar nuwe huis toe.” het Freeland gesê.

Kanada se besluit om asiel aan Qanun toe te staan kom in ’n sensitiewe tydperk waar betrekkinge tussen Kanada en Saoedi-Arabië versuur het nadat Kanada op die onmiddellike vrylating van aktiviste in tronke aangedring het. Saoedi-Arabië het teruggeslaan deur alle nuwe handel met Kanada te staak. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

5 ure gelede | Howe

Die eens voortvlugtende Charles Namiseb, wat saam met ‘n makker tereg gestaan het vir die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op...

Padgebruik al duurder

11 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

11 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

12 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

22 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

22 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

22 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

22 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...