KORT NUUS
Rundu
Sommige kry glo gratis water
Onwettige waterkonneksies is een van die oorsake hoekom Rundu N$60 miljoen aan NamWater skuld.
Optrede gaan volgens die dorp se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Sikongo Haihambo, binnekort volg teen munisipale beamptes en inwoners wat by sulke bedrog betrokke is. Hy het dié beweringe deur die Swapo-jeugliga van Kavango-Oos bevestig.
Veral in informele nedersettings verskaf sekere beamptes en loodgieters glo gratis water. – Kenya Kambowe, Namibian Sun
Swakopmund
Swapo moet kontrak met almal nakom
“Ons moet onsself afvra hoekom ons by Swapo aangesluit het,” het me. Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens ‘n slypskool van die Swapo-vroueraad gesê.
“Het ons aangesluit in eiebelang of vir watter doel?” wou sy weet.
Ampsbekleërs het volgens Nandi-Ndaitwah ‘n kontrak met die hele nasie.
Sy het gesê die Swapo-grondwet verbied korrupsie. Sodra dié kanker volgens Nandi-Ndaitwah posvat, word dit baie moeilik om te genees. – Otis Finck, Erongo

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie