Kort nuus
Nuwe dieregesondheidsregulasies afgekondig
‘n Nuwe stel dieregesondheisregulasies is op 28 Desember 2018 in die Staatskoerant afgekondig. Dit vervang die vorige regulasies soos in die Staatskoerant nr. 144 van 5 Junie 2013.
Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) raai produsente aan om vertroud te raak met hierdie die nuwe regulasies. “Die LPO sal gedurende die jaar die belangrikste aspekte wat die produsent raak asook die toepassing daarvan, aan sy lede uitlig,” sê die NLU in sy nuusbrief.
Veebrandfooie verhoog
Kragtens die Staatskoerant nr. 5783 is die gelde betaalbaar aan die registrateur vir die registrasie van 'n veebrandmerk ingevolge artikel 6(2), of vir die oordrag van 'n registrasie van 'n veebrandmerk ingevolge artikel 8(3) of 9(2) van die Wet op Veebrande, vanaf 1 Januarie 2019 soos volg:
Registreer as e-gebruiker by Itas
Die ministerie van finansies se nuwe Geïntegreerde Belastingadminsitrasiestelsel (Itas) het op 17 Januarie 2019 in werking getree. Dit vervang die ou bestaande “Taxlive”-stelsel. Alle belastingbetalers word aangemoedig om hulle as e-gebruikers (E-users) by www.itas.mof.na te registreer. Vir enige navrae kan hulle die ministerie by 061 208 9400 bel.
Uitfasering van tjeks
Die Betalingsvereniging van Namibië (Pan) het aangekondig dat tjeks op 30 Junie 2019 sal uitfaseer. Alle banke sal vanaf 1 Januarie 2019 geen tjekboeke meer uitreik nie en op 1 Februarie 2019 is die laaste dag wat kliënte enige tjeks mag uitmaak.
Daarna is 24 Junie 2019 die laaste dag waarop kliënte tjeks in ‘n rekening mag inbetaal, tensy die tjek voor 1 Februarie 2019 dateer. Op 24 Junie 2019 mag geen banke meer tjeks aanvaar nie en op 29 Junie 2019 is die laaste dag wat banke tjeks mag eerbiedig.
Vir meer inligting, kontak dié vereniging by 061 415420 of gesels met kliëntediensbeampte by u bank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie