Kort nuus
Kort nuus

Kort nuus

Amerika

Tuimeltrein ontspoor, 2 val 10 m ver

Twee mense het sowat 10 m ver geval nadat waens van ’n tuimeltrein in Daytona in die Amerikaanse deelstaat Florida ontspoor het.

SkyNews berig ses mense is na die hospitaal gehaas nadat reddingswerkers tien mense wat Donderdagaand aan die Sand Blaster gehang het, afgehelp het. Die aard van hul beserings is nog onbekend.

Volgens die brandweerdiens in Daytona het drie van die waens van die tuimeltrein ontspoor.

Beeldmateriaal wys hoe die brandbestryders ’n hyskraan gebruik om die mense te bevry.

In ’n ander video klim omstanders op die raamwerk van die tuimeltrein in ’n poging om by die vasgekeerdes uit te kom. - Netwerk24

Amerika

Melania reg om koningin te ontmoet

Melania Trump, die vrou van die Amerikaanse president, Donald Trump, sal na verwagting in Julie koningin Elizabeth van Brittanje op ’n amptelike besoek ontmoet. Die Daily Mail berig dat dit Melania se eerste amptelike reis sal wees sedert sy verlede maand ’n nieroperasie ondergaan het.

Die presidentsvrou is op 14 Mei in die Walter Reed National Military Medical Center in Maryland opgeneem en is ’n week ná die operasie ontslaan, berig Express.

Sy het eers op 5 Junie weer in die openbaar verskyn.

Volgens Express het sy op sosiale media gesê dat sy goed voel en dat sy haar werk vir die Amerikaanse mense voortsit.

Die besoek, wat na verwagting op 13 Julie sal plaasvind, sal pres. Trump se eerste amptelike besoek aan Brittanje wees, ten spyte daarvan dat hy reeds sedert laat 2016 president is.

Die Trumps se verwelkoming sal ’n besoek aan die Windsor-kasteel insluit, waar hulle die koningin sal ontmoet. Die presidentspaar sal na verwagting in Winfield House at Regent’s Park, die Amerikaanse ambassadeurshuis in Londen, tuisgaan, berig The Sun. - Netwerk24

Brittanje

‘Ek’s ’n diplomaat,’ sê bankrot Becker

Die voormalige tennisster Boris Becker gebruik nou sy amp as ’n sport-attaché vir die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) om diplomatieke immuniteit vir sy voortslepende bankrotskapsaak in Brittanje te eis.

Die BBC berig dat die driemalige Wimbledon-kampioen aanvoer dat sy rol as attaché vir die klein Afrikaland hom van regstappe kwytskeld.

Becker is in 2017 bankrot verklaar oor geld wat hy aan Arbuthnot Latham, ’n private bank, skuld. Hulle maak nou aanspraak op sy bates.

Sy prokureurs het Donderdag ’n aansoek in die hooggeregshof in Londen gebring waar hy immuniteit teen die bankrotskapsaak eis, berig The Guardian.

In die eis voer hulle aan sy rol as attaché van sport en kultuur vir die SAR bied hom diplomatieke immuniteit.

Hy is sedert April vanjaar sport-attaché in die Europese Unie.

Becker voer aan dat die saak teen hom “ongegrond” en “onbillik” is en dat die beweringe dat hy bankrot is hom “ ’n berg skade berokken het”.

Hy moet diplomatieke immuniteit kry sodat daar ’n einde aan die “klug” kan kom sodat die “soustrein vir die manne in pakke kan stop”.

Hy het bygevoeg: “Ek is verskriklik trots op my aanstelling . . . Sport is ongelooflik belangrik in Afrika en dit is vinnig besig om ’n universele taal word,” berig die BBC. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!