Korrektiewe beamptes smokkel glo

09 January 2020 | Misdaad
Ileni Nandjato



Sedert Maart 2018 is nege korrek­tiewe beamptes by 13 sake van ­onwettige aktiwiteite, insluitende die smokkel van onwettige items, betrek.

Vier van die beamptes word betrek by onwettige transaksies met oor­treders se geld, terwyl ander glo by die smokkel van dwelms en selfone betrokke was.

Al die beamptes het dissiplinêre verhore gehad en sommige het hul werk verloor.

Dít is volgens inligting verskaf deur die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS).

Die NCS bestuur 13 gevangenisse oraloor die land.

In April 2018 is drie beamptes by ­onwettige transaksies met ­gevangenes se geld in Gobabis, Windhoek en Oluno betrek.

Die NCS kon nie bevestig hoeveel geld hierby betrokke is nie.

Die beampte van Gobabis het bedank ná hy skuld erken het en die geld aan die geraakte gevangene terugbetaal het.

Die beampte van Windhoek is tydens 'n dissiplinêre verhoor aangekla en die saak is vir verdere vervolging na die hoërhof verwys.

Die Oluno-beampte is in ­hegtenis geneem ná hy van sy pos gedros het en is tans in aanhouding by die ­Ondangwa-polisieselle.

Nog 'n saak van onwettige transaksies met gevangenes se geld is in Mei 2018 in Windhoek aangemeld.

Dié saak is hangende voor 'n ­dissiplinêre komitee.

'n Beampte van die Oluno-gevangenis is afgedank ná hy in September 2018 glo betrap is dat hy met selfone, Mandrax-tablette, dagga, tabak en SIM-kaarte smokkel.

Vier voorvalle van verlede jaar is ­hangende voor 'n dissiplinêre komitee.

Dit sluit 'n saak in waarin 'n beampte glo in Februarie met selfone en SIM-kaarte in die Walvisbaai-gevangenis gesmokkel het.

Dit sluit ook die saak in waartydens 'n beampte glo met dagga in die Har­dap-gevangenis gesmokkel het, asook die smokkel met selfone in die Oluno- en Elizabeth Napemba-gevangenis.

Vier gevalle van besoekers wat dwelms en selfone in Windhoek en Gobabis probeer insmokkel, is ook aangemeld.– [email protected]

Soortgelyk

 

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

27th of May 10:43 | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

27th of May 10:35 | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

10 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

10 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

10 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

10 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...