Kore sing nou met een stem

10 November 2005 | Kollig
\nNAMIBIë is \'n land ryk aan kore en \'n reuse-repertoire van koormusiek.
\nDie meeste kore moes egter tot nou op eie stoom in hul onderskeie streke en omgewings oorleef sonder veel interaksie met ander kore.
\nDít gaan egter binnekort verander met die bekendstelling van die Namibiese Koornetwerk (NCN) wat môreaand in die NG Kerk Eros plaasvind. Nie net word die NCN geloods nie, maar dertien kore gaan uit volle bors saamsing.
\nDie besluit om die NCN op die been te bring, spruit uit die behoefte aan \'n organisasie wat netwerkgeleenthede onder die koorgemeenskap skep. Die NCN sal as \'n sambreelorganisasie vir alle kore in Namibië dien wat op hierdie wyse \'n platform skep waar kore kan optree en meer van mekaar kan leer.
\nDie doelwit van die NCN is onder meer om koorfeeste in elke streek aan te bied waarvan die wenners aan \'n jaarlikse fees in Windhoek kan deelneem. Die vier beste stemme uit elke streek sal ook genooi word om aan te sluit by \'n nasionale koor wat op \'n gereelde grondslag sal optree.
\n\'n Verdere doelwit is om komponiste aan te moedig om nuwe Namibiese liedjies in inheemse tale te skryf. Een van dié liedjies sal gebruik word as die voorgeskrewe lied vir die streekfeeste en sal ook by die nasionale fees gesing word. Die NCN beoog om dié besondere lied saam met ander liedjies op te neem en aan skole beskikbaar te stel.
\nDie NCN wil ook \'n gestandaardiseerde puntestelsel ontwerp wat by die beoordeling van kore gebruik word.
\nDie loodsing van die NCN word aangebied met die ondersteuning van Bank Windhoek.\n

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

17 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

17 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

17 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

17 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

17 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

17 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

17 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

17 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

17 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...