Kora-miljoene: Het NTB 'n keuse gehad?
Kora-miljoene: Het NTB 'n keuse gehad?

Kora-miljoene: Het NTB 'n keuse gehad?

Die land se toerismeraad is deur die regsman van die respondente beskryf as 'n skuldinvorderaar namens die regering.
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Die regering het, deur die ministerie van die omgewing en toerisme, reeds 'n oor­eenkoms ter waarde van US$6 miljoen met Mundial Telecom Sarl aangegaan om die Kora-musiektoekennings in Namibië aan te bied vóór die Namibiese Toerismeraad (NTB) kort daarna by die projek betrek is.

Volgens eersgenoemde kontrak moes US$2 miljoen teen 11 Desember 2015 aan Mundial betaal word. Indien nie, sou die skouspel nie in Namibië aangebied word nie en sou die partye geen verdere verpligtinge teenoor mekaar hê nie.

Hierdie ooreenkoms is onderteken op 8 November 2015, slegs 'n week voordat 'n aanbod aan die NTB gemaak is om 'n promosiepakket van US$2 miljoen by Mundial te koop.

Die inligting het Woensdag aan die lig gekom in getuienis voor die hoërhof in die saak waarin die NTB meer as N$23,5 miljoen van Mundial eis.

Die NTB beroep hom op kontrakbreuk omdat die toekennings nooit plaasgevind het nie en hul geld nie binne die kontraktueel voorgeskrewe tyd terugbetaal is nie.

Die NTB het Mundial, die Kora-stigter, mnr. Ernest Adjovi, en mnr. Tonata Shiimi, wat die projek plaaslik sou bestuur het, in September 2016 vir N$23,5 miljoen plus 20% se rente gedagvaar. Dit was die koste van 'n platinumpakket om Namibië tydens die toekennings as toerismebestemming te bemark.

Die uitvoerende hoof van die NTB, mnr. Digu //Naobeb, was Maandag in die getuiebank en Woensdag onder kruisverhoor.

Adv. James Diederick wou by hom weet of die NTB vooraf van die kontrak tussen die regering en Mundial bewus was.

Volgens die ooreenkoms met die ministerie van die omgewing en toerisme sou die regering en Mundial saamwerk om borgpakkette ter waarde van US$6 miljoen te werf. Namibiese besighede sou hiervoor genader word.

Luidens die kontrak tussen die NTB en Mundial sou US$1,5 miljoen op 10 Desember 2015 betaal word. Op 22 Desember 2015 eers is N$5 miljoen betaal, nog N$5 miljoen die volgende dag, 'n verdere N$5 miljoen op 7 Januarie 2016 en die laaste N$8,5 miljoen op 17 Februarie 2016 – sowat 'n maand voordat die toekenningsgeleentheid in Namibië sou plaasvind.



ONVOLLEDIG INGELIG

Die balans van US$4 miljoen, volgens die kontrak met die regering, was op 16 Februarie 2016 betaalbaar.

//Naobeb het gesê hy het van die ooreenkoms met die regering geweet, maar het nie oor volledige inligting in die verband beskik nie.

Diedericks het bevraagteken hoekom die NTB aanvanklik 'n “borgskap” van US$2 miljoen aangebied is, wat ná onderhandelinge laat in November 2015 tot 'n promosiepakket van US$1,5 miljoen verminder is.

//Naobeb het verduidelik die NTB is 'n niewinsgewende entiteit en mag volgens sy mandaat nie borgskappe toeken nie. Hulle het dus onderhandel om van die besonderhede en die koste te verander.

Volgens //Naobeb was hy nie seker of die U$1,5 miljoen deel van die totale US$6 miljoen uitgemaak het nie. Hy het getuig dat hy geen verband tussen die twee ooreenkomste kon sien nie.

Diedericks het benadruk indien Mundial teen 11 Desember 2015 nie US$2 miljoen sou ontvang nie, kon die Kora-toekennings nie plaasvind nie.



'REGERING Sê HOEVEEL EN WANNEER'

Oor //Naobeb se beweerde bekommernisse oor die ooreenkoms het Diedericks aangevoer die NTB is deur die regering en die ministerie van toerisme gedwing om die kontrak te onderteken.

“Die NTB het geen keuse in die ondertekening van die ooreenkoms gehad nie, want die regering het so gesê,” het hy opgemerk. Volgens Diedericks het die NTB geen sê oor die bedrag of datums van betaling gehad nie.

//Naobeb, wat landuit was toe die ooreenkoms onderteken is, het gesê hy sou in sy hoedanigheid as uitvoerende hoof nie die ooreenkoms onderteken het nie, aangesien dit “gejaagd” gevoel het.

Hy het bygevoeg hy wou hê NTB se prokureurs moes die ooreenkoms hanteer, maar dit is toe aan die destydse prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, toevertrou.

Volgens //Naobeb was daar geen rede waarom die NTB op 4 Desember 2015 tot die betalingsdatum van 10 Desember 2015 ingestem het nie.

Diedericks het die regering, spesifiek die ministerie van toerisme, daarvan beskuldig dat hy die NTB aangehits het om die regsgeding aanhangig te maak, en gesê die NTB tree onregmatig as skuldinvorderaar vir die regering en die ministerie op.

Mnr. Kaitjata Kangueehi verteenwoordig die NTB en die saak dien voor regter Herman Oosthuizen.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.98/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.37% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 944.71/OZ UP +0.50% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.98/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.37% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 944.71/OZ UP +0.50%