Koop ’n huis op Amazon.com
Soek jy dringend na ’n nuwe huis? Bestel een op Amazon.com.
Dié aanlyn winkel, Amazon.com bied tans “klein voorafvervaardigde huise” vir US$36 000 elk te koop aan.
Die “huis” is inderwaarheid ’n vraghouer wat in ’n wooneenheid omskep is.
Die aflewering van die huis sal jou US$3 700 kos.
Dié produk is egter tans net beskikbaar vir aflewering in die VSA.
Amerikaners wat wel in die huis belangstel, sal ’n slaapkamer, stort, toilet, wasbak, klein kombuisie en leefarea kry.
Die webwerf sê die eenheid kan maklik aan infrastruktuur vir water, elektrisiteit en riool gekoppel word.
•Mense wat dit nie kan bekostig om ’n huis aanlyn te bestel nie, kan hul oë vir Amazon se nuwe reeks sportklere oophou.
Bloomberg berig Makalot Industrial – ’n Taiwannese maatskappy wat klere vir Gap, Uniqlo en Kohl maak – maak nou ook klere vir Amazon.
Exclat Textile, ook van Taiwan, verskaf glo die materiaal.
Dié maatskappye maak klere vir Nike, Lululemon Athletica en Under Armour.
Bronne sê die projek word tans net getoets.
Bloomberg berig Lululemon se aandeelprys het Vrydag met 4,9% tot US$57,55 gedaal nadat dit bekend geword het dat Amazon nou dié mark gaan betree.
Amazon wou nie kommentaar lewer oor sy planne met die sportklere nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie