Kookwater kookprogram!

14 June 2019 | Kuns en vermaak
Michelline Nawatises – Die tweede seisoen van die uiters gewilde What’s Cooking-program sal in die laaste kwartaal van die jaar afskop.

What’s Cooking is ’n leefstylprogram wat Namibiese produkte, eetplekke en geleenthede landswyd blootstelling gee.

Dit het in 2017 afgeskop en word vanuit Windhoek bestuur. Daar is planne om dit ook na die ander landstreke uit te brei.

Die gedrukte media en digitale platforms van Namibia Media Holdings (NMH) se drie publikasies word vir die program ingespan.

Dit sluit Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung in.

In die tweede seisoen sal na die kus gereis word om produkte, eetplekke en geleenthede in dié omgewing blootstelling te gee.

Lloyd Zandberg sal in die tweede seisoen by Yochanaan Coetzee as aanbieder aansluit, en verskeie bekendes sal ook betrek word.

What’s Cooking is nie net op besighede gefokus nie; die span wil ook feeste soos Kasi Vibe, City Market en ander unieke geleenthede deel van die program maak.

As jy jou Namibiese produkte of handelsmerk wil bemark en deel van die program wil wees, kontak Lloyd by [email protected]

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

13 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

16 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

1 dag gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

1 dag gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...