Kontant verdwyn uit maatskappy se kluis

Twee verdagtes verskyn in Walvisbaai-landdroshof

09 January 2017 | Misdaad
Otis Finck op Walvisbaai



Samson Uirab (52) en Deon Savage (51) het Donderdag in die landdroshof op Walvisbaai voor landdros Rhi­vermo Williams in verband met die beweerde diefstal van N$157 536,00 van hul werkgewer, Distell Namibia verskyn.

Williams het borgtog van N$5 000 aan elk toegestaan en die verhoor tot 16 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek en vir die beskuldigdes om regsverteenwoordiging te kry.

Volgens hoofinspekteur Erastus Ikuyu het 'n groep die perseel van Distell Namibia tussen 3 en 5 Desember 2016 binnegegaan en probeer om 'n groot kluis wat in 'n muur ingebou is, met 'n blaasvlam oop te maak.

“Ons vermoed die kriminele se gas het opgeraak en hulle het die perseel onverrigtersake verlaat.”

Toe die bestuurder van die onderneming, me. Hettie Rautenbach, op 5 Desember by die kantoor aankom, het sy die inbraak ontdek en opgemerk dat die kluis beskadig is, maar nie oopgemaak is nie.

Een van die verdagtes wat in aanhouding is, het klaarblyklik die volgende dag (Dinsdag) by die polisiekantoor op Walvisbaai opgedaag en 'n inbraak en diefstal aangemeld.

Die ondersoekbeampte het agtergekom iets is nie pluis nie en het Rautenbach geskakel. Sy was verbaas om te hoor dat 'n werknemer 'n saak van diefstal wou open. Sy het volgehou dat die kluis nie tydens die inbraak geopen is nie.

Soortgelyk

 

Senior bestuurder van Rehoboth-dorpsraad vas vir bedrog

6 ure gelede | Misdaad

ʼn Senior bestuurder van die Rehoboth-dorpsraad is saam met nog drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat met die bedrog van 'n riooltender verband...

Lokomotief raak spoor byster

8 ure gelede | Ongelukke

Otis Finck – ‘n Lokomotief van TransNamib het gisteraand omstreeks 20:00 naby Duin 7 ontspoor.Niemand is in die voorval beseer nie.Werkers is tans besig om...

Kobi Alexander kry tronkstraf

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die 64-jarige Kobi (Jacob) Alexander is tot 30 maande tronkstraf gevonnis.Dit volg nadat hy verlede jaar ná tien jaar as voortvlugtige in...

Susanne Hoff skuldig aan poging tot moord

18 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Susanne Hoff (56), wat teregstaan op ’n aanklag van sameswering om haar man, mnr. Egbert Hoff, te vermoor, is gister deur landdros...

Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur

18 ure gelede | Misdaad

Jessica Botes - 'n Vrou en haar tweelingbabas was gister die slagoffers van 'n gewelddadige rooftog op Swakopmund.Die vermeende rower het glo om 03:50 'n...

Vryheid, veiligheid en vernuf

18 ure gelede | Byvoegsels

Henriette Lamprecht – Dit sal hom altyd bybly, die vryheid en die veiligheid. Vryheid nie net in die natuur nie, maar ook die vrye omgang...

Verkeersman sonder 'n prys

18 ure gelede | Misdaad

Des Erasmus - 'n Karweier van Windhoek van Angolese herkoms, mnr. Vicente Fanivamwe (50), is deur lede van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem nadat hy...

Weer vir 24 Februarie 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die Noordooste en dele van die Noordweste. Elders in die binneland...

Grondgroep: Namibiërs moet bronne terugkry

18 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) sê radikale transformasie is nodig om alle natuurlike hulpbronne terug in die hande van Namibiërs (en...