Konstruksie van fietsbaan begin

24 September 2021 | Regering
Tanja Bause – “Die 40 EBikes is in Duitsland gekoop en word hierheen vervoer. Hoekom is dit nie hier gekoop nie? Ons het 'n EBikes4Africa hier wat dit kon verskaf. Nou betaal ons vervoerkostes wat ons kon spaar en dalk nog tien fietse mee kon koop?”

Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, het dié opmerkings Woensdag tydens die begin van die konstruksie van die eerste fietsbaan in Windhoek gemaak. Die elektroniese fietse waarna hy verwys, is ’n skenking wat uit Duitsland gefinansier is.

Die eerste vier kilometer van die fietsbaan begin op die hoek van Shanghai- en Florence Nightin­galestraat in Khomasdal. Die baan sal verby die Universiteit van Namibië (Unam) se Khomasdal-kampus na die westelike verbypad strek en kruis na die Universiteit van Wetenskap en Technologie (Nust) en Unam se mediese skoolkampus.

Die oudburgemeester van Windhoek, me. Fransina Kahungu, het gesê sy wou in 2011 die ontwikkeling van voetganger- en fietsbane in Windhoek sien en sy is bly sy kan dit nou as raadslid beleef.

In 2018 het EBikes4Windhoek, 'n Namibiese maatskappy wat sonkraggedrewe elektriese fietse vervaardig, The Transformative Urban Mobility Initiative (TUMI)-projek aan die Windhoekse munisipaliteit voorgelê.

Die projek behels die skenking van 40 EBikes wat deur TUMI en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) gefinansier is.

Die fietse sal aan studente van Nust- en die Unam-Khomasdal-kampus geskenk word.

Hulle sal die eerste mense wees wat van die baan gebruik maak. Volgens Amupanda sal by beide kampusse 'n herlaaistasie opgerig word.

“Die studente ry met hul fietse na die kampus en kan die batterye daar herlaai. Ons bou die bane om fietsry te bevorder. Dis die begin en die plan sal na die res van die stad uitgebrei word.”

Mnr. Justin Ellis van die ­Namibiese Fietsryfederasie het die inisiatief verwelkom.

“Fietsry is 'n goedkoper en gesonder manier van vervoer. Mense kan geld spaar wat hulle op taxi's en ander vervoermiddels uitgee. Fietsry bewaar die omgewing en kniehalter klimaatsverandering. Die ­fietsbane is belangrik om fietsryers van voertuie te skei sodat ­fietsryers veilig by hul bestemmings kan uitkom.”
[email protected]

FOTO
Die burgemeester van Windhoek mnr. Job Amupanda het gister met ’n EBike by die funksie aangekom saam met hom was mnr. Pierre van Rensburg van die munisipaliteit en me. Ursula Hein-Rooinasie van die GIZ. Foto Tanja Bause

Soortgelyk

 

Namibiër met Omicron: Kontakopsporing begin

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het reeds begin om die mense op te spoor met wie die Namibiese diplomaat wat...

Beleggingswet op ys … vir nou

9 ure gelede | Regering

Brigitte WeidlichDie minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het gistermiddag die konsepwet op die bevordering en fasilitering van beleggings in die parlement teruggetrek...

Somer, swem en lafenis

9 ure gelede | In beeld

Die munisipale swembad in Katutura en die een in Olympia is vanaf verlede Saterdag vir die publiek oop. Ingangsfooie by die swembaddens is N$10,50 vir...

Verdediging trap vas oor ‘geheime’

9 ure gelede | Ministeries

Augetto GraigDie ministerie van verdediging en veteranesake se boeke klop nie en die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge moes gister worstel om antwoorde uit...

Weer vir 1 Desember 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm in die suidweste, maar elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot verspreide donderbuie in Otjozondjupa en Omaheke....

Geen keer aan brande

9 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie brand wat ’n week gelede by die Osona- militêre basis naby Okahandja begin het, het gister laat namiddag nog steeds in die berge...

Vroeë vakansie ná uitgelekte vraestelle

9 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê skole gaan vroeër sluit as wat aanvanklik aangekondig is, om streke in staat te stel om voor...

Namibiërs kan derde dosis Sinopharm kry

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibiërs wat volledig met Sinopharm teen Covid-19 ingeënt is, kan nou vir ’n derde bykomende primêre dosis gaan. Die tydsverloop tussen die tweede en...

Pohamba gekritiseer oor uitsettings vanaf sy plaas

9 ure gelede | Politiek

Augetto Graig en Enzo Amuele Nege en sewentig jaar ná haar geboorte op die plaas Guinaspoh, moet me. Amanda Kairises, haar man Alfred en hul...