Konstruksie steeds op sy knieë
Die regering moet die konstruksiebedryf help wat weens die huidige ekonomiese klimaat swaar trek.
Ogone Tlhage
Die visepresident van die Federasie vir die Konstruksiebedryf (CIF), mnr. Panashe Daringo, het 'n beroep op die regering gedoen om die konstruksiebedryf te help wat volgens hom swaar deur die huidige stand van die ekonomie getref is.
Daringo, wat die besturende direkteur van MPP Civils is, sê hy het eerstehands ervaar hoe hy personeel moes laat gaan weens die huidige stand van konstruksie in die land. Dit ondanks herhaalde pogings om hieroor met die regering in gesprek te tree.
“Dinge lyk sleg; ons bid vir 'n ingryping. Dit voel asof ons pleidooi op dowe ore val,” het Daringo gesê.
Volgens hom het die konstruksiebedryf 'n groot uittog van vaardighede beleef.
“Die realiteit op die grond is erger, dit het tot 'n groot verlies aan vaardighede gelei. Dit het 'n domino-effek en konstruksie is die swaarste getref.
Sy frustrasie is beaam deur die CIF se hoofbestuurder, me. Bärbel Kirchner.
“Die konstruksiebedryf word erg geraak deur regeringsbegrotings en toekennings vir kapitaal en infrastruktuurprojekte. Vanuit die perspektief van die bedryf sou ons groter begrotingstoekennings vir ontwikkelingsprojekte wil sien,” het sy vroeër gesê.
Volgens haar vind gesprekke plaas om 'n gunstige werksomgewing vir plaaslike kontrakteurs te skep.
“Besprekings word gevoer oor hoe kwalifikasievereistes tot Namibiese ekonomiese omstandighede aangepas moet word. Basies moet ons die finansiële vereistes vir prekwalifikasie verlaag. Indien dit nie moontlik is nie, moet ons die omvang van die projekte verklein sodat meer plaaslike kontrakteurs kan deelneem,” het Kirchner gesê.
“Watter besluit ons owerhede ook al neem, moet ons seker maak die plaaslike bedryf is betrek. Dit sal ons kapasiteit handhaaf, besighede aan die gang hou en verseker mense het werk. Uiteindelik verseker dit ons geld bly in Namibië in sirkulasie,” het sy gesê.
Volgens die Bank of Namibia het die werklike waarde toegevoeg in die bedryf in 2018 met 18,3% gekrimp, teenoor die 25,6% in 2017. Verlede jaar se inkrimping is deels te wyte aan die verhoging in die werklike waarde vir voltooide geboue en regeringsuitgawes wat vir konstruksie geoormerk is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie