Konstabel kry 18 jaar vir moord op straat
'n Polisieman wat 'n jong man in 'n straat in die Shandumbala-area van Katutura in 2013 doodgeskiet het, is Maandag tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Landdros Ileni Velikoshi het die 29-jarige Linus Nzwana vroeër hierdie maand in Windhoek se streekhof skuldig bevind op 'n klag van moord met direkte opset. Nzwana, wat die 22-jarige Martin Joel op 10 Augustus geskiet het, is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan twee jaar vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie gedurende daardie tydperk weer skuldig bevind word aan moord of 'n soortgelyke oortreding nie.
Gedurende die vonnisoplegging het Velikoshi gesê dat Joel nie 'n bedreiging vir Nzwana was toe hy op hom geskiet het nie.
“Ek is tevrede om te sê daar was nie 'n aanval op die beskuldigde polisieman nie en ek verwerp die weergawe van sy selfverweer,” het die landdros gesê. Nzwana het deurgaans gedurende die verhoor beweer dat hy Joel uit selfverdediging geskiet het.
Volgens getuienis wat gedurende die verhoor gelewer is het Joel en drie vriende in 'n straat gestap toe 'n wit bakkie hulle teen 'n hoë snelheid genader het. Joel het Nzwana iets neerhalends toegesnou toe hulle uit sy pad moes beweeg. Nzwana het die voertuig tot stilstand gebring en terugbeweeg na waar Joel en sy vriende gestaan het.
Die konstabel het uit die bakkie geklim en Joel genader om hom te vra wat die probleem is. Na 'n woordewisseling het Nzwana na sy bakkie gestap en sy 9mm-pistool uitgehaal en 'n skoot direk op Martin afgevuur.
Geen waarskuwingskote is afgevuur nie.
Nzwana het van die toneel af weggery maar het homself later dieselfde dag by die Katutura-polisiekantoor oorgegee.
Staatsaanklaers Georgitte Losper en Filemon Nyau het die staat verteenwoordig en mnr. Braam Cupido het Nzwana verteenwoordig. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie