Koninkryk in chaos
Koninkryk in chaos

Koninkryk in chaos

Die Ondonga-koninkryk is gister in warboel gedompel ná die kroning van twee konings enkele ure nadat die ontslape Immanuel Kauluma Elifas ter ruste gelê is.
Ileni Nandjato
Ileni Ndjato – In die voortgesette stryd vir ‘n opvolger het twee faksies gister hul verkose leier gekroon.

Die Ondonga-kroon het op 26 Maart vakant geraak ná die dood van Elifas. Vroeg gisteroggend is ‘n tradisionele ritueel uitgevoer om mnr. Fillemon Shuumbwa Nangolo by sy woning op Onambango as die nuwe koning te kroon. Intussen het die koninklike familie by die ou paleis van Onamungundo bekendgemaak mnr. Eino Konis Kalenga is hul verkose koning.

Nangolo is reeds in 2002 as Elifas se opvolger en adjunk aangewys. ‘n Deel van die koninklike familie het egter in onlangse jare dit betwis. In ‘n verrassende wending is Kalenga wat blyk die seën van die koning se onmiddellike familie wegdra, deur die ander faksie ook as die nuwe koning aangewys. Kalenga wat relatief onbekend is, het verlede week saam met die Ondonga-hoofman Oscar Sheehama in die hoërhof in Windhoek misluk om ‘n interdik te kry wat Nangolo daarvan sou weerhou om as opvolger tot Elifas op te tree. Die saak is van die rol geskrap en is nie as dringend beskou nie.

Intussen het duisende mense van dwarsoor Namibië en ook uit die buiteland oor die naweek by Onamungundo en Olukonda in die Oshikotostreek bymekaar gekom om hul laaste eer aan die 18de koning van Ondonga, Omukwaniilwa Immanuel Kauluma Elifas, te betoon wat 44 ononderbroke jare geheers het.

Verskeie sprekers by die gedenkdienste wat Donderdag en Vrydag plaasgevind het, het Elifas beskryf as ‘n monarg wat lief was vir vrede en ook as ‘n vereniger van Namibiërs. Elifas het ‘n staatsbegrafnis by die koninklike begraafplaas op Olukonda gehad.

Buiten as koning van die Ongonga, het Elifas ook gedien as voorsitter van die raad van tradisionele leiers van die stigting in 1997 tot en met sy dood op 26 Maart vanjaar in die Onandjokwe Lutherse hospitaal op die ouderdom van 86.

Die adjunkvoorsitter van die raad, mnr. Gaob Immanuel !Gaseb, het gesê daar was geen kommer oor hoe Elifas die sake van die raad bestuur het, selfs toe sy gesondheid verswak het nie.

“Hy was ‘n goeie luisteraar wat ons altyd in ag geneem het wanneer hy vir raad genader is. Tradisionele leiers het saamgewerk deur bymekaar raad te vra oor kwessies wat met die raad verband hou. Hy was altyd oop en beskikbaar vir raad,” het !Gaseb gesê.

“Dit is bekend dat die raad vir tradisionele leiers van tyd tot tyd uitdagings van geskille onder tradisionele gemeenskappe oor kommunale grond en kapteinskappe in die gesig staar.

Hy was ‘n strateeg en het altyd aan sy medelede gemaan om nie paniekerig te raak nie, maar alle geskille op meriete te hanteer en seker te maak regverdigheid word in alle aspekte toegepas. Vir ons was hy ‘n bron van groot wysheid en ‘n bemarker van eenheid in geskille,” het hy gesê.

Die stigterspresident mnr. Sam Nujoma het gesê die Namibiese nasie het ‘n dapper en rewolusionêre leier wat vredemaker was en mense verenig het.

Hy het Elifas beskryf as ‘n buitengewone man met waagmoed en ongekende deernis gehad het en wat almal gelyk ongeag hul velkleur, geslag, etniese oorsprong of politieke affiliasie behandel het.

“Mag ons almal uit sy wyse leierskap en dapperheid leer en mag ons sy nalatenskap eer deur saam te werk as verenigde nasie wat probeer om ‘n gesamentlike doel vir elke lid van die samelewing te bereik,” het Nujoma gesê.

Hy het bygevoeg Elifas was ook dapper in sy vasberadenheid om apartheid te beëindig en was een van die paar tradisionele leiers in die Noorde van die land wat geweier het dat ‘n militêre basis by sy paleis vir die beskerming van die regering van toe opgerig word.

“Hy het beskerming aan Plan-soldate by sy paleis gebied. Tydens een geleentheid het hy aan die koloniale administrasie gesê hulle was nie Plan-vegters nie, maar net deel van sy paleis. Wanneer hulle ook al gevange geneem is, kon hy die bevel vir hul onmiddellike vrylating gee,” het Nujoma gesê.

President Hage Geingob het die ontslape koning as ‘n heerser van die hoogste kaliber en eer beskryf wat nie net die Ondonga-gemeenskap gedien het nie, maar ook die hele Namibië.

“Ons moet hom eer deur te verseker dat ons voortgaan om die kernwaardes bevorder wat ons kultuur definieer, waardes soos vrede, regverdigheid, nederigheid, samewerking, eenheid, sagmoedigheid en waarheid. In die verband moet ons nie ons kultuur, tradisie en leiers ondermyn deur konflik en onenigheid te bevorder nie. Omukwaniilwa Elifas het hard gewerk en met sy aangebore versoenende en bemiddelende magte die Ondonga-mense verenig. Nie net met mekaar nie, maar ook met die res van ons Namibiese broers en susters,” het Geingob gesê.

Ook in sy huis is Elifas beskryf as ‘n vredemaker en iemand wat verenig het. Hy het 18 kinders gehad, waarvan 8 reeds gesterf het. Hy het in 1972 met sy vrou Secilia Ndapandula getrou.

Me. Aina Gwaandapo Elifas wat namens die kleinkinders hulde betoon het en me. Ester Gwashamba Elifas-Wilheik wat namens die kinders gepraat het, het gesê die ontslape koning het hulle altyd aangemoedig om nederig te wees en hulself nooit as “spesiale mense” te sien nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067